已收录 272970 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
De reis van Sint Brandaan : 'n interpretasie van geselekteerde temas (Afrikaans)
[摘要] AFRIKAANS: Die uitgangspunt wat ten grondslag van hierdie studie lê, is die veronderstelling dat studies ten opsigte van die Middelnederlandse teks De reis van Sint Brandaan tot op hede min aandag geskenk het aan sekere belangrike temas. As gevolg van hierdie bepaalde leemtes, is die onderliggende betekenis van die teks moeilik bekombaar. Die doel van hierdie ondersoek is dus om die leemtes te vul wat nie voorheen in studies rakende hierdie teks ten volle aangespreek is nie, en veral dié in die Suid-Afrikaanse uitgawe deur De Klerk&Schutte (1996). In hoofstuk 1 word daar gefokus op Middeleeuse sienings oor die retoriek, met die proloog en die epiloog van De reis van Sint Brandaan as vertrekpunt vir nadere ondersoek. Die wêreld van die teks (die tekstuele wereld), sowel as die wêreld voor die teks (die wêreld van die hedendaagse leser) word primêr as invalshoeke gebruik. Om relevansie aan die invalshoeke te verleen, word daar gepoog om 'n verband aan te toon tussen Middeleeuse tegnieke van taaluitdrukking en modeme taalhandelingsbegrippe. Met al die faktore in gedagte, word daar ook ondersoek ingestel na die retoriek as manier van leserbeïnvloeding, en dat 'n resepsie-ondersoek nodig is om die moontlike gehoor van 'n teks te bepaal. In hoofstuk 2 word daar gefokus op die aanwesigheid van Middeleeuse simboliek en verskeie intertekste aanwesig in De reis van Sint Brandaan. Die invalshoek van hierdie hoofstuk berus hoofsaaklik by die wêreld agter die teks (die wêreld van die outeur), en die wêreld van die teks (die tekstuele wêreld). Dit kom ook aan die lig dat die betrokke teks deurtrek is met Christelike simboliek en intertekste wat op een of ander manier 'n verband met die Christelike geloof toon. Die strekking van die teks is primêr gewortel in Christelike simboliek, maar word ook sekondêr gekoppel aan ander soorte simboliek, soos dieresimboliek, plantsimboliek, geloofsimboliek (mites en legendes), getallesimboliek en natuursimboliek (son, maan, hitte, koue, wind, water). Baie van hierdie simboliek oorvleuel en sluit aan by die vele intertekste aanwesig wat 'n rol speel in die opbou van die verhaal. Deur die betrokke simboliek en intertekste aan te toon en te interpreteer, word 'n ryker betekenis aan hierdie teks verleen. Hoofstuk 3 en hoofstuk 4 is 'n uitvloeisel van hoofstuk 2. In hierdie twee hoofstukke word daar meer aandag verleen aan sekere belangrike aspekte wat tot dusver nie ten volle ontgin is nie, soos gesien in hoofstuk 2. Daar word gefokus word op die wêreld agter die teks (die wêreld van die outeur) en die wêreld van die teks (die tekstuele wêreld). In hoofstuk 3 word daar gepoog om die aard en rol van die duiwel en die hel in die Middeleeue aan te toon, soos gevind in De reis van Sint Brandaan. Daar word tot die slotsom gekom dat die duiwel in hierdie teks 'n verpersoonliking van die kwade (bose) is. 'n Bepaalde paradigmaverbreding word aangetoon wat daarop dui dat daar wegbeweeg word van net 'n spirituele konnotasie met die duiwel na 'n fisiese verpersoonliking. Daar word verder ondersoek ingestel na Middeleeuse voorstellings van die duiwel, strawwe en lokaliteite van die hel, die vagevuur, die hel as 'n tasbare ruimte, die verpersoonliking van die duiwel en die lot van 'n sondaar in die helse straf. In hoofstuk 4 word daar gepoog om die aard en rol van engele as boodskappers van God in die Middeleeue aan te toon, soos gevind in De reis van Sint Brandaan. Talle voorbeelde uit die betrokke teks dui op die rol van engele as tussengangers tussen God en die mens. Daar word verder ondersoek ingestel na die verskillende tipes engele gevind in die teks, en die verband tussen engele en visioene vanuit 'n Middeeuse tradisie en perspektief. Die aspekte van neutrale en gevalle engele, die begrip van God sien en die rol van engele as sielsbegeleiers na die hemel word aangetoon. ENGLISH: The point of departure which forms the basis of this study, is the supposition that studies with respect to the Middle Dutch text The voyage of Saint Brendan have, up to the present, paid little attention to certain important themes. As a result of this void the underlying meaning of this text is difficult to access. The purpose of this investigation is therefore to fill these gaps which former studies of this text have not fully addressed, most particularly those in the South African edition by De Klerk&Schutte (1996). In chapter 1 the focus is on medieval views on rhetoric with the prologue and epilogue of The voyage of Saint Brendan as the source for closer investigation. The point of departure used in this chapter lies mainly with the world of the text (the textual world) and the world in front of the text (the world of the modem reader). To give relevance to this angle of incidence, an attempt is made to show a connection between medieval concepts of speech act theory and modem speech act concepts. With all these factors in mind, rhetoric as a manner of reader influence is researched and an investigation of reception is necessary to determine the possible audience of a text. In chapter 2 the focus falls on the presence of medieval symbolism and various intertexts present in The voyage of Saint Brendan. The point of departure used in this chapter lies mainly with the world behind the text (the world of the author) and the world of the text (the textual world). It has come to light that this particular text is permeated with Christian symbolism and intertexts which, in one way or another, reveal a connection with the Christian faith. The tenor of this text is rooted primarily in Christian symbolism but is also, in a secondary way, coupled with other types of symbolism like animal symbolism, plant symbolism, symbolism of belief (myths and legends), number symbolism and symbolism in nature (sun, moon, heat, cold, wind, water). Much of this symbolism overlaps and joins the many intertexts present which playa role in the development of the story. By presenting and interpreting the particular symbolism and intertexts, a richer meaning of this text is achieved. Chapter 3 and chapter 4 arise as a result of what was set out in chapter 2. In these two chapters certain important aspects not covered in chapter two are addressed. The focus is on the world behind the text (the world of the author) and the world of the text (the textual world). In chapter 3 an attempt is made to present the nature and role of the devil and hell in medieval times with The voyage of Saint Brendan as example. The conclusion is reached that the devil in this text is a personification of evil. A broadening of this paradigm is demonstrated which suggests that there is a movement away from simply a spiritual connotation of the devil to a physical personification. Further research is instituted into medieval ideas concerning the devil, punishment and the location of hell, hell as a tangible space, the personification of the devil and the doom of the sinner in hell-fire. In chapter 4 an attempt is made to show the nature and role of angels as messengers of God in medieval times with the The voyage of Saint Brendan as example. Many examples from this text suggest the role of angels as that of mediators between God and man. Further investigation is instituted regarding the different types of angels found in the text and the connection between angels and visions from a medieval tradition and perspective. The aspects of neutral and fallen angels, the concept of seeing God and the role of angels as companions of the soul on its way to heaven are demonstrated.
[发布日期]  [发布机构] University of Pretoria
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:3      统一登录查看全文      激活码登录查看全文