Genl S G (Manie) Maritz se aandeel aan die rebellie van 1914 -1915
[摘要] Toe die Rebel1ie in 1914 uitbreek, was Salomon Gerhardus(Manie) Maritz op 38-jarige ouderdorn die jongste van alleeertydse Boere-generaals uit die Anglo-Boereoorlog (1899-1902). Irnmer rusteloos van geaardheid, daarby voortvarenden impulsief, sou die daaropvolgende gebeure hom opnuut,soos 14 jaar te vore, in die vuurproef plaas.Na die Vrede van Vereeniging het Maritz geweier om Britseonderdaan te word en wyk uit na Angola en Europa. In 1912,ses jaar na sy terugkeer, word hy rnajoor in die pasgestigteUnie-Verdedigingsmag. Tydens sy militêre op1eiding in Bloemfontein besluit hy en mede-wapenbroer Jan Kemp om die eerstedie beste geleentheid te benut om die republikeinse onafhanklikheid te herwin. In 1913 kontak hy die Duitse owerheid omvas te stel of hulle ingeval van 'n opstand hom van wapensen ammunisie sou voorsien maar dit was nie 'n forrnele ooreenkorns nie.Tydens 'n offisiersvergadering te Pretoria (14 Augustus 1914)lê hy sy beplande staatsgreep vir 15 September 1915 aanBeyers voor en versoek hom om aan die hoof daarvan te staan.Oortuig dat Beyers hom ondersteun, kom hy met die Duitserstot 'n vergelyk en reel vir Beyers op 15 September 'n afspraakmet dr. T. Seitz, die Duitse goewerneur, om finale reëlings te tref. Die bedanking van Beyrs (14 september) en die dood van de la Rey (15 September) wat self met rnedewetevan Kemp 'n staatsgreep beplan het, dwing Maritz om anderplanne te beraam.Omdat hy hierna kontak met die leiers van die protesbeweging in Transvaal verloor het, was Maritz op homself aangewys. Sy voortdurende briefwisseling met genl. Smuts, metmajoor B. Enslin as tussenganger het horn oortuig dat Smutshom oor die grens wou dwing. Op 23 September 1914 het hyvan Smuts opdrag ontvang om Duits-Suidwes-Afrika binne teval maar hy weier en vra sy ontslag. Smuts vertraag dieontslag en stuur ondertussen troepe-versterkings na Upington Hierop het Maritz 'n finale ooreenkoms waarin die onafhanklikheid van Suid-Afrika geproklarneer is, met die Duitsersgesluit en op 9 Oktober 1914 te Van Rooisvlei gerebelleer.Omdat die regering nie op sy versoek om met genls. Beyers,Hertzog, de Wet, Kemp en Muller te onderhandel, reageer hetnie, beset hy Keimoes en Kakamas. Na vergeefse onderhandelings met genls. Smuts en Brits om bloedvergieting te voorkom, trek hy sy troepe op Kakamas saam, proklameer die Republi.ek van Suid-Afrika, trek die swaard en val Keimoes(22 Oktober) aan. Omring deur reqeringstroepe onttrek hyhom na Jerusalem in Duitswes-Afrika; terwyl 'n deel van symag op Kakamas (24 Oktober) deur regeringstroepe aangeval is.Op 29 November sluit genl. Kemp by hom aan en na finale onderhandelings met die Duitsers te Keetmanshoop (6 Desember1914) val hulle Kaapland binne. Tydens die gevegte vanNous (22 Desember), Langklip (14 Januarie 1915), Lutzputs(18 Januarie 1915) verslaan hulle die regeringstroepe maarword self te Upington (24 Januarie 1915) verslaan en na uitgerekte onderhandelings tot oorgawe gedwing.Maritz self het nie oorgegee nie maar weer eens uitqewyk naDuits-Suidwes-Afrika, Angola, Portugal, Spanje en Duitsland. In 1923 bet hy na Suid-Afrika teruggekeer en hom vrywilliglik oorgegee. In 1924 is hy aan hoogverraad skuldig bevinden tot drie jaar tronkstraf sender hardepad gevonnis, maaris na drie maande losgelaat nadat die Naionale Party onderleiding van genl. Hertzog 'n verkiesingsoorwinning oar dieSuid-Afrikaanse Party van genl. Smuts behaal het.
[发布日期] [发布机构] University of Pretoria
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]