已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
'n Ondersoek na die patogenese en patologie van die hemostatiese versteurings by akute afrikaanse varkpes
[摘要] Afrikaans: Die patogenese en patologie van die hemostatiese versteuringe is deur middel van hematologiese,histochemiese, lig- en transmissie-elektronmikroskopiese metodes in 2 groepe varke besmet of met virulenteheemadsorberende Afrikaanse varkpes virus isolate of 'n virulente nieheemadsorberende virus isolaat bestudeer.'n Poging is ook aangewend om die hemostatiese versteurings, bloedings en vaskulere veranderinge by die 2groepe te probeer vergelyk en moontlike verskille te probeer bepaal. 'n Beraamde trombositopenie entrombosietdisfunksie is gedurende die laaste 2-3 dae voor dood by beide groepe varke waargeneem. Alhoeweltrombositopenie en trombosietdisfunksie by 'n groter getal varke besmet met die heemadsorberende virus isolatevoorgekom het as by die varke gespuit met die nie-heemadsorberende isolaat, het hierdie veranderinge ookmeer dikwels voorgekom by die varke besmet met die nie-heemadsorberende isolaat wat binne 9 dae(gemiddelde oorlewingsperiode van groep) dood is. Die graad van trombositopenie en trombosietdisfunksie isdus blykbaar eerder deur die verloop en strafheid van die siekte as die heemadsorberende eienskap van diebepaalde virus isolaat bepaal. 'n Besmetting van 'n klein persentasie van die trombosiete met die virus kon inhierdie studie waargeneem word. Die besmetting van slegs 'n klein persentasie van megakariosiete in diebeenmurg kon elektronmikroskopies waargeneem word. Hieruit is afgelei dat die vermeende trombositopenie byhierdie varke meer waarskynlik die gevolg van periferele trombosietvernietiging as defektiewe trombositopoeiesewas. Betekenisvolle verlengings van die geaktiveerde gedeeltelike tromboplastientyd, trombientyd, verhoogdefibrien- en fibrinogeendegradasieprodukvlakke sowel as geringe stygings van die protrombientyd het by die varkebesmet met die heemadsorberende virus isolate voorgekom. By varke wat die nie-heemadsorberende virusontvang het, was slegs die trombientyd en fibrinogeendegradasieproduk vlakke verhoog. Die verlenging van diestollingstye is vertolk as merkbare tekorte van die plasma-stollingsfaktore, die teenwoordigheid vanfibrien- en fibrinogeendegradasie produkte of 'n kombinasie hiervan. Verminderde stolselsametrekking envarierende grade van oplossing en disintegrasie van stolsels na inkubasie by 37 grade Celsius is beskou asverdere aanduidings vangedissemineerde intravaskulere stolling of 'n hiperfibrinolitiese toestand. Wydverspreide nekrose (en sitolise) vanmakrofages is in die limfoiede weefsel waargeneem en aanvaar as die moontlike oorsaak vanplasminogeenaktiveerder vrystelling deur makrofages met gevolglike hiperfibrinolise. Hialiene, globulere engranulere trombi en intravaskulere neerslae, wat swak tot sterk positief vir fibrien gekleur het en ooreengestemhet met 'n toestand van gedissemineerde-intravaskulerestolling, was by alle varke sigbaar. Fibrinoiedeveranderinge van bloedvate kon in verskeie organe maar hoofsaaklik in die limfknope, milt, vel en nierewaargeneem word. Endoteelselbesmetting met die virus kon nie aangetoon word nie. Repliserende Afrikaansevarkpes viruspartikels kon wel in die sitoplasma van makrofages wat intiem geassosieer was met kapillereendoteelselle gedemonstreer word. Die fibrinoiede veranderinge ontstaan vermoedelik onder die invloed vanchemiese mediators wat vrygestel word deur besmette makrofages en bloedplaatjies of teenwoordig is in plasmaeerder as deur 'n direkte besmetting van endoteelselle deur die virus. In beide groepe was bloedings meesuitgesproke in die limfoiede weefsels en was hoofsaaklik gelokaliseer om sinusoidale, kapillere en klein venulerebloedvate waar die wande nekrotiese veranderinge vertoon het. Hierdie waarneming is vertolk as 'n aanduidingdat die disintegrasie van kleiner bloedvate 'n belangriker oorsaak van bloeding by die akute siekte astrombositopenie en onstabiele fibrienstolselvorming verteenwoordig. Hierdie studie verteenwoordig ook dieeerste beskrywing van die bloedings en vaskulere patologiese veranderinge by varke besmet met 'n virulentenie-heemadsorberende Afrikaanse varkpes virus isolaat.
[发布日期]  [发布机构] University of Pretoria
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:3      统一登录查看全文      激活码登录查看全文