已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Aspalathus linearis (Rooibostee):die invloed van oespraktyke op sekere vegetatiewe en fisiologiese aspekte
[摘要] Aspalathus linearis vorm deel van die Fabaceae familie. Die plant is nbladboudende, stikstofbindende naalddraer waarvan die naalde en dunnerstingels geoes word vir bemarking as rooibostee. Die inbeemse plant, watnatuurlik in die Seder- en Olifantsrivierberge voorkom, word vandag reedsdeur meer as 400 produsente kommersieel verbou.Die gewas word normaalweg verbou onder lae en wisselvallige reenval- enstremmende grondtoestande. Lae produksie is daarom een van diebelangrikste knelpunte. Hiermee saam dra progressiewe terugsterwing by totwisselende produksietendense. Hierdie situasie lei tot onstabielemarkvoorsiening en het n beperkende uitwerking op die ontwikkeling vanmarkte.Daar het dus n beboefte aan veral inligting oor die uitwerking vanoespraktyke op produksie en terugsterwing asook basiese inligting ooraspekte van groei, koolbidraatreserwes en voedingselemente bestaan. Diedoel van die buidige studie was dan ook daarop toegespits om bogenoemdeinligting te bekom.Resultate verkry het daarop gedui dat die oes van rooibosteeplant diejaarlikse wegneem van 50 tot 60% van die droe massa van die bos bebels het,indien eenmalig geoes word. Oorblywende blaarmassa van plante wat op nkonstante boogte gesny is, bet toegeneem met toenemende frekwensie van oes.Waar eenmalig, tweemalig of driemalig geoes is, was respektiewelik 5%, 21%of 52% van die totale blaarmassa voor oes aanwesig. Dit is duidelik datgroot boeveelbede fotosintetiserende materiaal asook droemassa met oesverwyder word. Resultate het getoon dat lengte- en massagroei van dieoesbare gedeelte boofsaaklik tussen Augustus- en Meimaand plaasgevind het.co2-opname het saam met die ontwikkeling van groei toegeneem gedurende dieseisoen, totdat die volwasse blaar op n stadium as stoororgaan vankoolbidrate begin funksioneer en fotosinteties blykbaar minder aktiefgeraak het.Die beste tyd van oes was wanneer die koolbidraatreserwes in alle bosdelerelatief boog was. Indien te vroeg in die groeiseisoen geoes is, wasverdwerging die meeste en terugsterwingsprobleme was groter as gedurendedie midseisoen. Indien te laat gedurende die groeiseisoen geoes is, hetdaar nie weer bergroei voor die lente plaasgevind nie en die bos wasonbedek, met groot wonde en laag in fisiologiese aktiwiteit gelaat. Dit skep moontlik ideale infeksietoestande vir swamme wat terugsterwingbevorder. Veldproewe het aangetoon dat die boogste produksie verkry iswaar eenmalig tydens ongeveer Maartmaand geoes is. 'n Hoër frekwensie vanoes het wel die leeftyd van rooibosteeplante aansienlik verleng, maar dithet nie opgeweeg teen die verliese in opbrengs nie. Daar word voorgesteldat bosse wat gedurende die periode geoes word, se naalde weerfotosinteties aktief is voor die dormante rusperiode en moontlik selfstydens die winter. Hierdie aspek verdien verdere navorsing. Dit wil ookvoorkom asof bosse wat later gedurende die groeiseisoen geoes word minderen vir korter periodes afhanklik van reserwes in die volgende vroeër lentewas. Beide suiker- en styselreserwes kon egter dien as substrate virenergie en onderhoud van groei tot ongeveer Desembermaand.Uit resultate verkry is bereken dat 18,4 g N, 1,2 g P, 4,6 g K, 4,1 g Ca en4,1 Mg benodig word vir elke 1 kg bemarkbare tee wat later in diegroeiseisoen geproduseer is. Omdat die rooibosteeplant stikstofbindendeknoppiesbakteriee bevat, beboort dit ten opsigte van N selfvoorsienend tewees. Daar word aanbeveel dat P, Ca en Mg met grondvoorbereiding reedsvoorsien word vir die leeftyd van n aanplanting. K moet egter jaarlikstoegedien word.
[发布日期]  [发布机构] University of Pretoria
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:3      统一登录查看全文      激活码登录查看全文