'n Algoritme vir kleinstekwarate-benadering
[摘要] Die doel van hierdie verhandeling is om 'n algoritme virkleinstekwadrate-benaderings te vind en om met behulp van die algoritme'n rekenaarprogram te ontwikkel vir die minimering van die kleinstekwadrate-benadering en die passings van krommes deur gegewe eksperimenteledata.Eerstens word die norm en die pseudo-inverse van matriksesowel as Householder-transformasies bespreek, aangesien ons daarvangebruik maak in die oplossing van ons probleem.In die lineere kleinstekwadrate-probleem word die koeffisientematriks A ontbind in 'n produk van 'n ortogonale en 'n bo-driehoeksmatriks.Hierdie produk word dan gebruik om die pseudo-inverse vanA te verkry.Die algoritme wat ontwikkel is vir die nie-lineere kleinstekwadrate-probleem is gebaseer op die Gauss-Newton-Marquardt-metode,waar met elke stap 'n lineere kleinstekwadrate-probleem opgelos word.Resultate wat met behulp van die algoritme verkry is, word ookvergelyk met die resultate van ander algoritmes.
[发布日期] [发布机构] University of Pretoria
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]