已收录 272893 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Hans Anton Aschenborn, mens en kunstenaar
[摘要] Die hoofdoel van die studie is om H.A. Aschenbornas mens en as kunstenaar te benader op grond van synagelate kunswerk; en waar moontlik, sy beeldendewerk te projekteer teen die agtergrond van sy literêrewerk. Dit kan nie oorgesien word dat daar wel 'nnoue verband is tussen die geproduseerde werke op dietwee gebiede, en dat sy dig en ander literere werkeons ook sy teken-, skilder- en grafiese werke beterlaat verstaan.H.A. Aschenborn is reeds geruime tyd oorlede enaangesien sy werke wyd versprei is en daar ook 'n grootdeel vernietig is deur 'n brand gedurende die eerstewêreldoorlog, kon ek slegs met veel moeite die materiaalversamel vir hierdie verhandeling, aangesien dit betrekkinghet op minstens Suid-Afrika, Duitsland, Oos-Afrikaen die hele Suidwes-Afrika wat sy arbeidsgebied uitgemaakhet. Ongelukkig het tot hiertoe 'n behoorlike oorsigtelike studie oor hom nog nie verskyn nie. Ekwil verder graag die aandag daarop vestig dat baie minvan Aschenborn se werke gedateer is, en ek die behandelingdaarvan volgens die motiewe moes rangskik, en niekronologies volgens periodes kon bespreek nie. Ekhet egter daarna getrag om binne die bespreking van 'nsekere motief 'n ontwikkeling in styl aan te dui.Dikwels was dit ook onmoontlik om 'n sekere volgordeof rangskikking van werke konsekwent tot by die endvan die verhandeling deur te voer, te wyte aan talrykeontbrekende gegewens.Ek wil egter die hoop koester dat hierdie verhandeling'n beter begrip van, en 'n gesondere waarderingvir hierdie kunstenaar sal opwek; en dat dit anderbelangstellendes sal aanspoor om nog meer aandag aansy prestasies op kunsgebied te bestee.
[发布日期]  [发布机构] University of Pretoria
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:9      统一登录查看全文      激活码登录查看全文