Die plek van transkulturele kinderprenteboeke in Suid-Afrika
[摘要] AFRIKAANS OPSOMMING: Hierdie verhandeling is 'n kritiese analise, vanuit my uitgangspunt as illustreerder, oordie rol wat transkulturele kinderprenteboeke in 'n kontemporêre Suid-Afrika speel.Kinderprenteboeke het die vermoë om kinders se siening van die wêreld te vorm enhulle visueel en intellektueel te stimuleer. Dit kan hulle ook blootstel aan nuwe dingeen hul verbeelding prikkel om sodoende 'n leeskultuur te ontwikkel. Tog word diewaarde van hierdie medium in Suid-Afrika geringgeskat. Die meeste kinderboeke worduitgegee vir opvoedkundige doeleindes; daarby is die koste van boeke baie hoog, watbydra tot die land se swak leeskultuur. Boeke word ook grootliks in Afrikaans enEngels uitgegee, met slegs enkele voorbeelde wat 'n hibriede Suid-Afrikaansesamelewing uitbeeld. My uitgangspunt vir hierdie studie is om 'n bewustheid te skepvan die voordele wat transkulturele kinderprenteboeke kan hê op kinders se kultureleidentiteit, visuele geletterdheid, asook hul siening van ander kulture. Die navorsingfokus bykomend op die verskil tussen multikulturalisme en transkulturalisme enwaarom transkulturele kinderprenteboeke 'n beter medium is vir kinders binne 'nSuid-Afrikaanse konteks. Om hierdie doelwit te bereik, ondersoek ek die plek watkinderprenteboeke vanaf 1900 tot en met vandag in Suid-Afrika ingeneem het. Die wysewaarop kultuur visueel in hierdie boeke uitgebeeld word, asook die invloed daarvan opkinders, beklemtoon die behoefte aan transkulturele kinderprenteboeke. Om te kanbegryp oor watter eienskappe 'n transkulturele kinderboek moet beskik, word dieinhoud en samestelling ondersoek. Ten slotte implementeer ek hierdie bevindinge deurmy eie boek, Thandi goes to Cape Town, te skep. Ek lees hierdie boek voor aan 'nlaerskoolklas om dié prakties-geleide navorsing in praktyk toe te pas. Ná die voorlesingtoon die kinders se positiewe reaksie dat transkulturele kinderprenteboeke wel 'n baiepositiewe invloed op kinders kan hê, wat die belangrikheid van verdere studie inhierdie veld herbevestig.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]