'n Ondersoek na die wenslikheid van skool-maatskaplike werk by Kleurlingskole
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: 'n Literatuurstudie oor skool-maatskaplike werk soos ditin die V.S.A. funksioneer, het die ondersoeker onder dieindruk gebring van die waarde wat so 'n diens inhou virleerlinge wat aanpassingsprobleme op skool ervaar. In Suid-Afrika waar daar nog nie 'n formele stelsel vanskool-maatskaplike werk bestaan nie, word daar tans meeren meer oor die onderwerp gepraat en is verskeie personebesig om deur middel van navorsing op die behoefte aanso 'n diens te wys. Die Administrasie van Kleurlingsakehet reeds in die sestiger jare op hierdie behoefte gewys.Maatskaplike werkers in diens van hierdie Staatsdepartementhanteer oorswaar gevalleladings met die gevolg datprobleme meestal net gestuit word en preventiewe diensteprakties onmoontlik is. Daarbenewens is volwasseneswaarmee gewerk word, meestal reeds so vasgevang in hul negatieweervaringswêreld, dat dit te laat is om 'n heropvoedingstaakte verrig of om kapasiteite te ontwikkel watte lank reeds latent is. Om hierdie situasie teen tewerk, moet die kind betrek word. Probleme wat op 'n vroeë leeftyd ervaar word, moet maatskaplike werk-aandag geniet en voorkomingswerk moet sover moontlik geskied. Skoolmaatskaplikewerk kan daartoe bydra dat leerlinge hulpotensiaal beter benut, beter gebruik maak van die geleenthede wat die onderwys bied en ook minder probleme oordrana hul volwasse lewe.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]