Modelling of cooling tower splash pack
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING:'n Wiskundige model en 'n rekenaar simulasie program is ontwikkel om die vertoning van teenvloei koeltoring spat-pakking (splash pack) te voorspel. Die een-dimensionele model gebruik basiese lugdinamiese, hidrodinamiese en warmte/massa-oordrag data om die vertoning te voorspel sander om van gemete koeltoring toetsdata gebruik te maak.Sekere basiese eksperimentele werk is gedoen om die volgende aspekte meer duidelik te maak: die massa water wat spat vanaf die nat latte, die grootte-verdeling van die spat druppels en die grootte-verdeling van die druppels wat afdrup vanaf die latte. Toetse is ook gedoen op twaalfverskillende pakkings om verwysingsdata te genereer waarteen die akkuraatheid van die simulasie-program getoets kon word.Die gemete oordrags-karakteristieke en drukval data is vergelyk met die voorspelde data wat met die program gegenereer is. Daar is gevind data die model die korrekte tendense in drukval en oordrags-karakteristieke voorspel. Die program het die oordrags-karakteristieke en die drukval oor die pakking oor-voorspel en moontlike redes hiervoor word bespreek.Die simulasie program is gebruik om ontwerpsriglyne te genereer vir die optimum pakkingsmateriaal uitleg. Met behulp van die program was dit ook moontlik om die effek vanverlaagde oppervlakspanning (en gevolglik kleiner druppels) op die termiese vertoning van pakkingsmateriaal te ondersoek.Verskeie voorstelle vir verdere werk word gemaak.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]