Natural balancing mechanisms in converters
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie proefskrif handel oor die natuurlike balanserings meganismes van veelvlakkigeen modulêre omsetters wat fase-skuif dragolf puls wydte modulasie gebruik.Die meganismes kan in twee hoof groepe verdeel word: 'n swak balanseringsmeganisme wat afhanklik is van die oorvleuling van die skakelfunksies en 'nsterk meganisme wat voorkom ongeag of die skakelfunksies oorvleul al dan nie.Die sterk meganisme verdeel verder in twee subgroepe, 'n direkte oordrag van onbalansenergie en 'n meganisme wat afhang van die verliese in die stelsel. Elkeenvan die meganismes word aan die hand van 'n omsetter topologie waarin die spesifiekemeganisme oorheers beskryf en ontleed. In die ondersoek word klem geplaasop die daarstelling van uitdrukkings om die tydskonstantes van herbalansering na'n afwyking vir elk van die omsetter toplologieë te beskryf.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]