The political use of 'new' media in the 2014 South African national election
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Nuwe media het 'n duidelike impak op die manier waarop moderne politieke partyeen partyleiers hulle verkiesingsveldtogte bestuur.Hierdie studie fokus daarom op die vraag: Hoe is nuwe media tydens die 2014 Suid-Afrikaanse nasionale verkiesing gebruik? Dit word gedoen deur konteks te gee aanwat nuwe media behels, hoe dit in die moderne politiek gebruik word, en wat dieimpak is wat nuwe media op verkiesings en verkiesingsveldtogte het. Driegevallestudies, die Obama-veldtog, asook die 2014 verkiesings in Indië en Brasilië,word gebruik om spesifieke elemente oor die impak wat nuwe media op verkiesingshet, uit te wys.Die ontleding word dan gebruik om 'n kriteria-raamwerk te skep waarteen spesifiekeSuid-Afrikaanse politieke partye se gebruik van sosiale media in die 2014 verkiesinggemeet word, om hulle sukses al dan nie daarmee te bepaal. Die sukseskriteria maakdit moontlik om politieke partye in 'n rangorde te plaas en punte aan hulle toe te ken.Die punte-telling, uit 'n totaal van 50, word dan gebruik om te bepaal waarom diepartye sukses behaal het, of nie.Nog 50 punte word toegeken op die basis van 'n subjektiewe oordeel oortaalgebruiken aanslag asook geteikende kieserskommunikasie op nuwe mediaplatforms, meer spesifiek Twitter. Dit word gedoen deur insigte uit 'n studie vanrelevante literatuur oor die verkiesingveldtog, Suid-Afrika se demografiese engeografiese verskille asook om te oordeel of die partye wat in die studie bestudeerword kommunikasie strategieë benut het om die verskillende groeperings van kieserste teiken.Die studie bevind dat die spesifieke partye, gemeet teen die raamwerk vir kriteria virsukses, sowel as die subjektiewe opinie oor taalgebruik en aanslag in kommunikasie,hulle sleg van hul taak gekwyt het in die 2014 nasionale verkiesing in Suid-Afrika.Hulle het in meeste gevalle, met die DA as 'n uitsondering, nie geslaag om die nodigedigitale-platforms te vestig en om suksesvol deur die nuwe media platforms tekommunikeer nie. Hulle het ook nie geslaag om die apatie van die Suid-Afrikaansejeug aan te spreek nie en daar was 'n gebrek aan geteikende en relevantekommunikasie met spesifieke sosiale groepe. Die partye het ook nie daarin geslaagom die kiesers wat partyloos is, of van party wil verander, 'n beter opsie te bied nie.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]