已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Akute postoperatiewe pyn opname in Tygerberg Hospitaal
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Doelwit: Om die voorkoms en erns van postoperatiewe pyn te bepaal gedurende die eerste 24 uur periode in 'n tersiëre hospitaal met beperkte hulpbronne. Om spesifieke groepe en risiko faktore wat verband hou met 'n hoër voorkoms van pyn te identifiseer.Ontwerp: Opname met behulp van 'n vraelys.Opset: Ontwikkelende land tersiëre staatshospitaal met alle chirurgiese dissiplines.Populasie: Pasiënte van alle chirurgiese dissilpines bo 12 jaar oud en toegelaat vir 'n minimum van 24 uur postoperatief.Metodiek: Opname 24 uur na die operasie met behulp van 'n vraelys met 3 visuele analoog pyn skale (VAS) en 'n vraag. Verdere data is ingesamel vanaf die narkose en voorskrif kaarte.Resultate: Postoperatiewe pyn is gerapporteer as matig in 25% en erg in 37% van pasiënte. Onafhanklike risikofaktore vir matige of erge postoperatiewe pyn was 'n jonger ouderdom, vroulike geslag, nood en abdominale chirurgie. Prosedures met die hoogste voorkoms van matige of erge pyn was keisersnitte (87%) en ortopediese chirurgie van die onderste ledemate (80% - 85%). Morfien toediening was baie minder gereeld as voorgeskryf.Gevolgtrekking: Voorkoms van postoperatiewe pyn in hierdie hulpbron beperkte omgewing is hoog, maar vergelyk met ander instansies. Spesiale sorg moet geneem word in die geïdentifiseerde groepe wat verband hou met 'n hoër voorkoms van pyn. Roetine sistemiese analgesie moet meer tydig toegedien word, veral wanneer die effek van regionale narkose termineer.
[发布日期]  [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:6      统一登录查看全文      激活码登录查看全文