Listening in HIV counselling and testing: hearer signals in rural patient-counsellor HIV consultation
[摘要] AFRIKAANS OPSOMMING: MIV en VIGS is sedert die 1980s 'n kommerwekkende nasionale gesondheidskwessie inSuid-Afrika. Na beraming het daar teen 2014 ʼn getal van 6,8 miljoen mense tussen dieouderdomme van 15 en 49 met MIV geleef (UNAIDS, 2015). Vrywillige Berading enToetsing (VBT) is in 2004 landwyd geïmplementeer om die verspreiding van MIV te beperk.Die VBT-dienste is ingestel om die MIV-status van individue te bepaal en om diegene watpositief toets met berading by te staan ten einde tydige toegang tot die nodige behandeling engepaardgaande verbetering van lewenskwaliteit te bied.Binne die groter genre van mediese diskoerse, is mediese konsultasie uitgewys as ʼnbelangrike diskoerstipe wat reëlmatig gestruktureer is en dus in eie reg bestudeer behoort teword. So is daar reeds wetenskaplike aandag aan verskillende instansies van kommunikasietussen gesondheidsorgdeskundiges en pasiënte gewy. As 'n gespreksubtipe binne mediesediskoers, is pre-toets MIV-berading in VBT tot dusver nie in wetenskaplike publikasiesbeskryf nie. Die protokol waarvolgens pre-toets VBT-berading gedoen word, verplig beradersom pasiënte in te lig aangaande verskeie MIV-verwante onderwerpe terwyl hul ook moetverseker dat pasiënte genoegsame begrip van hierdie informasie toon om 'n ingeligte besluitte kan neem rakende hulle instemming tot MIV-toetsing. Die doel van hierdie studie is om diegeneriese eienskappe van hierdie spesifieke mediese gesprekstipe te identifiseer.Hierdie studie is gesetel in die terrein van Taalwetenskaplike Pragmatiek en bied 'nkwalitatiewe analise van data wat ingesamel is by twee staatsbeheerdegesondheidsorginstansies in landelike dorpe in die Wes-Kaapse Wynlanddistrik. Die databestaan uit 14 pre-toets MIV-beradingsessies wat in Afrikaans uitgevoer is. Die deelnemers isberaders en pasiënte. Beraders is in die plaaslike gemeenskap gewerf; hulle het geen medieseopleiding nie, maar het minstens graad 12 geslaag. Hulle het wel beperkte, MIVberadingstoegewydevoorbereiding vir die werk wat hulle in die klinieke doen. Pasiëntevertoon diversiteit ten opsigte van die rede vir hulle besoek aan die kliniek. Verder versekerdie ligging van die klinieke ʼn redelik hoë mate van talige diversiteit onder die pasiënte.Met behulp van metodes ontwikkel binne die teoretiese raamwerk van Gespreksanalise(Conversation Analysis (CA)) (sien Sacks, Schegloff & Jefferson, 1974), ondersoek hierdiestudie die organisatoriese elemente onderliggend aan die opeenvolging van taalhandelinge teneinde herhalende patrone te herken op grond waarvan generiese kenmerke van pre-toets MIVberadingsgesprekke geïdentifiseer kan word. Die manier waarop beraders deurentyd die rolvan spreker inneem en gesprekke oorheers deur die meerderheid taalhandelinge te sentreer enorden rondom die oordrag van inligting, verseker 'n ongelyke verdeling van spreekbeurte.Aan die pasiënte wat nie met die konteks en prosedures vertroud is nie word dan 'n passieweluisteraarsrol in die gesprek toegeken. In só 'n geval waar die pasiënt primêr ʼn luisteraarsposisie inneem, bestaan hoorderbydraes tipies uit betekenisvolle tekens wat as'hoordertekens aan die spreker gerig is.Aangesien hierdie gesprekstipe kenmerkend ʼn hoë konsentrasie van sulke hoordertekensbevat, word hierdie tekens gekarakteriseer met verwysing na hulle vorm en funksie. Binne diéhoordertekens word verbale en nie-verbale kategorieë onderskei wat op kontekstuele,pragmatiese en intuïtiewe vlak op verskeie maniere bydra tot die gesprek. Die meerderheidvan hierdie tekens is nie-verbaal (soos kopknikke of kort spraakklankuitings) en word meestalgeproduseer ter erkenning of bevestiging van die sprekerbydraes, in aanmoediging van dievoortsetting van die gesprek of in reaksie op spesifieke taalstimuli van die spreker/berader.Om op te som: sowel die analises van die generiese eienskappe van VBT-gesprekke as vandie hoordertekens wat in die pre-toets MIV-beradingsgesprekke voorkom, bevestig dat hierdiegesprekke oorweldigend beradergesentreerd is. Beraders se rigiede strukturering van hierdiegesprekke om protokol na te kom, plaas beperkinge op die gesprek wat die pasiënte totpassiewe deelnemers reduseer wat almal eenders behandel word ten spyte van waargenomediversiteit in terme van kennis en behoeftes. Hulle word byvoorbeeld selde 'n spreekbeurtgegun, word maklik in die rede geval of verplig om hulle beurt vinnig te beëindig. Gevolglikis bevind dat beraders nie die kommunikatiewe doelwitte van die gesprekstipe ten volleverwesenlik nie.Hierdie studie bied 'n gespreksanalitiese karakterisering van VBT-konsultasies en 'npragmatiese karakterisering van hoordertekens wat voorkom in VBT. Dit kan bydra tot beterbegrip en bestuur van 'n area in MIV-sorg waar die behandeling van kwesbare pasiënteafhanklik is van wedersydse begrip tussen gespreksdeelnemers. Die bevindinge kan toegepasword in byvoorbeeld die ontwikkeling van nuwe opleidingsprogramme met die oog optoerusting van VBT-beraders om 'n pasiëntgesentreerde benadering in konsultasies te volg.Dit sal behels dat die fokus van die konsultasies verskuif van 'n geroetineerde vorm vaninligtingoordrag na die skep van geleenthede waarbinne pasiënte op bevryde wyse meeronafhanklike bydraes tot die gesprek kan maak.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]