已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die klassifikasie van onderprestering en die implikasies daarvan op skoolkultuur
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Die interpretering van beleid en die toepassing daarvan in die werkplek was nog altyd 'naanvegbare aspek, omdat beleid nie 'n geslote entiteit is nie en dus oop is vir verskillendeinterpretasies deur die toepassers van beleid. Die aanvegbaarheid van beleid kan duidelikwaargeneem word met die toepassing van die Nasionale Assesserings Beleid van 1998 opdie Suid-Afrikaanse skoolgemeenskap. In hierdie trant is die hoofdoel van my studie omondersoek in te stel na die implikasie wat die toepassing van beleid rakende die klassifikasievan primêre skole as onderpresterende skole op die skole se skoolkultuur,het en hoesommige onderwysers teenoor so 'n klassifikasie reageer.Met hierdie studie wil ek 'n interpreterende ondersoek loods na die vraag: 'Hoe beleefonderwysers hul skoolkultuur nadat hul skole deur die Wes-Kaapse Onderwys Departementas onderpresterende skole klassifiseer is. Ek beskou dit as 'n belangrike vraag vir ondersoekomdat die literatuur rakende skoolkultuur en skool prestasie daarop dui dat hierdie tweeaspekte as kritieke elemente beskou word in die skoolopset. Om hierdie rede ondersoek ekhierdie verskynsel in my onmiddelike skool omgewing om begrip te toon vir die wedersydseinvloed wat hierdie elemente op mekaar het. Hierdie vraag word beredeneer teen dieagtergrond van Suid-Afrika se deelname aan toetse van die ligame van internasionaleakademiese prestasies en die onbevredigende uitlae wat tydens die deelname aan hierdietoetse verwerf is. Vanuit nege en dertig deelnemende lande het Suid -Afrika laaste geëindig.Ek loods my studie vanuit 'n kwalitatiewe interpreterende ondersoek aan drie laerskole ennege geselekteerde opvoeders oor die prestasie wat die Intermediëre Fase (graad ses)verwerf het in die aanname en inwerkingstelling van die Sistemiese Evalueringstoetse vanaf2007 tot 2010 in Geletterdheid en Wiskunde as 'n uitvloeisel van die Nasionale AssesseringsBeleid van 1998. Ek doen 'n beleidsanalise voortspruitend uit 'n historiese oorsig en konteksvan skool en prestasie verskille wat in die onderwysopset aangetref word. My fokus is egterop die onderwysers se respons as gevolg van die klassifikasie van hul skool as 'nonderpresterende skool. Hierdie ondersoek word ingestel deur gebruik te maak van semigestruktureerde onderhoudvoering met respondente van drie steekproefskole en 'nvergelyking van sistemiese toets uitslae en interne evaluerings uitslae. Vanuit die verkennende analises en die literatuur is gevind dat skoolkultuur 'ndeurslaggewende bepaler in terme van leerderprestasie is. Waar skoolkultuur in presterendeskole positief bydra tot die prestasie en werklewering van die skool, is dit 'n negatiewedeterminant by die onderpresterende skole. Dit volgens Fleisch dui daarop dat die Suid-Afrikaanse onderwysopset nog steeds in twee afdelings fungeer naamlik die presterendevoorheen bevoordeelde skole en aan die anderkant die onderpresterende voorheenbenadeelde skole. Die onderwysers het ook gevoel dat hierdie aspek buite rekening isgelaat met die implementering van die sistemiese toetse en die gevolglike klassifikasie vandie skole.Tydens die uitvoering van die studie het ek gevind dat die respondente van diedeelnemende skole saamgestem dat 'n positiewe skoolkultuur leerderprestasie positief kanbeïnvloed. Hulle het erken dat hulle in gebreke gebly het om 'n positiewe skoolkultuur teontwikkel en te handhaaf. Ek eksploreer die respondente se uitleef van hul skoolkultuur,magsverhoudinge en konseptualisering van hul identiteit aan die hand van hul gegeweklassifikasie. In die ondersoek het ek bevind dat daar 'n negatiewe skoolkultuur heers byskole wat as onderpresterende skole geklassifiseer is. Hierdie negatiewe skoolkultuur hetook veroorsaak dat onderwysers 'n probleem ondervind het met die magsverhouding watdaar bestaan het tussen hulle en die Onderwys Department. Hulle het dit gesien as 'n 'topdown verhouding waarin hulle geen inspraak het nie. 'n Verdere uitspruitsel uit dienegatiewe klassifikasie van die skool het daartoe gelei dat die onderwysers 'n negatiewesiening van hul identiteit as onderwysers ontwikkel het.Vanuit die literatuur wat handel oor die herstel van onderpresterende skole, stel ek diemoontlikheid van die toepassing van transformasionele leierskap wat geimplementeer kanword in die bestuur van die deelnemenende skole as een van die strategieë om vanuit hulklassifikasie van onderprestering te kom.Hierdie navorsing het ten doel om die onderwysers se belewenis van hul skoolkultuur teweergee nadat hul skole geklassfiseer is as onderpresterend as gevolg vanbeleidstoepassing deur die Wes – Kaapse Onderwys Departement.
[发布日期]  [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:7      统一登录查看全文      激活码登录查看全文