已收录 268920 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Breaktrhru [i.e breakthru] Restoration Community Church (Wellington): konteks, identiteit en uitdagings
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: In 'n sosio-ekonomies minder bevoorregte bruin gemeenskap is misdaad, alkohol- en dwelmmisbruik, werkloosheid, en armoede alledaagse verskynsels. Hoe begelei 'n mens 'n gemeente om 'n missionale gemeente binne so 'n gemeenskap te word? Kan 'n gemeente wie se lidmate in die greep van armoede en verwante verskynsels vasgevang is, omvorm word tot 'n gemeente wat nie net bakhand staan omte ontvang nie? Kan so 'n gemeente se lidmate bemagtig word om self betrokke te word by hul uitdagings in die gemeenskap? Wellington is 'n besonderse dorp met besonderse mense en 'n unieke, historiesekarakter en geskiedenis wat wêreldwyd bekend is op kulturele, musikale, opvoedkundige, landbou- en Christelike gebied. Die inwoners van die dorp is oorwegend bruin Afrikaanssprekendes met baie blanke en swart inwoners - oorwegend Christene met 'n baie klein Moslem komponent. Wellington is wel 'n klein dorpie, maar die wyse waarop globale tendense soos globalisasie, godsdiens, taal, bendes, misdaad, alkohol- en dwelmmisbruik, armoede, en werkloosheid 'n rol speel, is onrusbarend.Oral in dié gemeenskappe is probleme en uitdagings en ons as die kerk mag nie langer stilbly oor dinge wat in die gemeenskap gebeur nie. Met die uitdagings en behoeftes wat in ons konteks beskryf word en die feit dat die meeste probleme sosiaal-maatskaplik en sosio-ekonomies is, staan die kerk sentraal as 'n agent vanverandering. Die Breakthru Restoration Community Church (BRCC) is 'n geordende gemeente wat, te midde van 'n see vol probleme, 'n eiland van hoop is. As 'n gemeente wat omgee deur God se liefde in aksie te wees binne 'n sosio-ekonomies, onderontwikkelde gemeenskap, is ons die sout en die lig van die wêreld. Breakthru het binne 'n bestek van vyf jaar die landskap van Wellington en omgewing onherroeplik verander deurdat ons Bybels, aanpasbaar, ekumenies, relevant en effektief is. Ons leuse is, every member a minister, wat al 'n refrein in ons gemeente geword het. Ons streef daarna om die 'sout en die 'lig te wees en ons doen dit deur ons grootste bate, ons lidmate, te bemagtig en te mobiliseer om eienaarskap van die gemeente se visie te neem. As kerk spreek ons die geestelike, maatskaplike en sosio-ekonomiese probleme holisties aan deur die Woord van God sowel as in vennootskap met ander organisasies. Ons wil as draers van hoop in ons gemeenskap leef. 'n Beskrywende studie van die gemeente is gedoen deur 'n prakties-teologiese metodiek te gebruik. Dit word in hoofstuk een as die inleiding beskryf. In hoofstuk twee word 'n kontekstuele analise van die gemeenskap gedoen. Hoofstuk drie verskaf 'n profiel van BRCC en stippel die werksaamhede, visie, missie en doelwitte van die gemeente uit. Hoofstuk vier fokus op die identiteit en kultuur van die gemeente. In hoofstuk vyf het die navorser 'n strategie vir 'n missionale identiteit vir die Breakthru Restoration Community Church uitgestippel.
[发布日期]  [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:5      统一登录查看全文      激活码登录查看全文