已收录 272970 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Analysis of capital sources, owner objectives, anddeterminants of performance of wine farms in theWestern Cape
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Wes-Kaapprovinsie van Suid-Afrika beskik oor 'n diverse kapasiteit watlandbouproduksie betref en dit dra tot die sektor se algemene stabiliteit by; vandaar diebevordering van die Wes-Kaap as 'n aantreklike beleggingsektor. Die wynbedryf, wat 'nbelangrike integrerende deel van die landbousektor in die Wes-Kaap uitmaak, speel 'n baiebelangrike rol in die ekonomie van die Provinsie en bied ontsaglike geleenthede metbetrekking tot landboukundige beleggings in die Provinsie. Die Suid-Afrikaanse wynbedryfis bekend vir sy produkte van hoë gehalte. Tans word indirekte aanwysers soos die inkomstevan produsente, die aantal nuwe wynkelders, asook die ouderdomsamestelling vanwingerdstokke in Suid-Afrika, gebruik om die beleggings- netto toevloeiing in die wynbedryfte bereken.Die hoofdoel van hierdie studie is om die mees algemene bronne van kapitaal van wynplaseen die mees algemene doelwitte wat wynboere in die Wes-Kaap probeer om te bereik, teidentifiseer. Nog 'n doelwit is om daardie wynplaas- en eienaarskenmerke te identifiseer watdie prestasie van wynplase in die Wes-Kaapprovinsie van Suid-Afrika beïnvloed. Om dieontleding te vergemaklik is die hoofprobleem in drie spesifieke doelwitte of subproblemeverdeel. Die studie het van verskeie metodes en tegnieke gebruik gemaak in 'n poging omrelevante en akkurate data te verkry. Die verskillende bronne wat geraadpleeg is hetpersoonlike beraadslaging met deskundiges in die bedryf, artikels wat in verskeie akademiesevaktydskrifte en boeke gepubliseer is, referate wat by konferensies gelewer is, verhandelingsvan nagraadse studente, en ander artikels op die Internet ingesluit. Data-ontledings wat metdie eerste en tweede subprobleme verband gehou het is met die gebruik van statistiesepakkette soos Excel en Stata in die vorm van veelvoudige kruistabulerings uitgevoer. In diederde probleem, naamlik om wynplaas- en eienaarskenmerke te identifiseer wat die prestasievan wynplase in die Wes-Kaap beïnvloed, is 'n intervalregressiegelykstelling bereken deurvan die Stata- statistiese sagtewarepakket gebruik te maak.
[发布日期]  [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:3      统一登录查看全文      激活码登录查看全文