已收录 273176 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
'n Ekonomiese en tegniese ondersoek na die Suid-Afrikaanse wingerdkwekerybedryf
[摘要] AFRIKAANS: Nadat filloksera die gebruik van geente wingerdstokke teen die einde van die vorige eeu genoodsaak het, was elke produsent op homself toegewys vir die verkryging van geente stokke. Met verloop van tyd is die produksie van geente stokke oorgeneem deur produsente wat beter daarvoor toegerus was en sogenaamde wingerdkwekers het ontstaan. Ten einde gemeenskaplike belange te beskerm het kwekers op 'ngeografiese en/of distriksbasis kWekersverenigings gestig, elkeen waarvan volgens 'n selfneergelegde beleid funksioneer.Die algemene organisasie van die bedryf word deur 'n oorhoofse liggaam, die Suid-Afrikaanse Kwekersvereniging behartig. Hierdie vereniging het sy ontstaan gehad tydens 'n stigtersvergadering wat in Port Elizabeth gedurende 13 en 14 November 1907 gehou is (Behrens, 1976). Lidmaatskap van hierdie vereniging geskied op 'nvrywillige gronds lag en geen kwekersverenigingstaan onder verpligting om aan te sluit nie. Met die doel om beheer oor wingerdkwekerye uit te oefen en omwingerdvoortplantingsmateriaal te verbeter, is die WesKaaplandse Koordinerende Kwekerskomitee in 1964 gestig. Hierdie komitee funksioneer in samewerking met die Suid-Afrikaanse Kwekersvereniging en lidmaatskap van die komitee berus op 'n vrywillige grondslag.Die taak van die wingerdkwekerybedryf is om jaarliks etlike miljoene geente stokke aan die wyn- en tafeldruifbedryf beskikbaar te stel. Die getal geente stokke benodig, hang af van die voorwaardelike kwotatoekennings deur die K.W.V. en die koers van vervanging van ou wingerde. Gedurende die tydperk wanneer die kwotas vol geplant moet word, is die behoefte aangeente stokke heelwat hoer as wat die geval in normale jare is.
[发布日期]  [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:4      统一登录查看全文      激活码登录查看全文