Die rol van Dr. J. Theophilus Hahn in Suider-Afrika, 1871-1905
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Johann Theophilus Hahn, seun van die Rynse sendeling, J. -SamuelHahn, is gebore op die sendingstasie Ebenhaeser (Lutzville) op 24Desember 1842. As 'n seun op die sendingstasies Ebenaeser enBethanien en Berseba in Suidwes-Afrika (Namibie), het hy geleer omdie verskillende Khoisandialekte te praat. Ter wille van sy kindersse akademiese opleiding het Samuel Hahn in 1852 na Duitslandteruggekeer. Daar het Theophilus hornas uitstaande student bewys enin 1870 het hy sy doktorsgraad verwerf met die proefskrif Die- Sprache der Nama; nebst einem Anhang enthaltend Sprachproben ausdem Munde des Volkes. Terwyl hy aan die universiteit van Hallestudeer het, het hy 'n aantal etnologiese artikels oor die inheemsevolkere van Suidwes-Afrika (Namibie) geskryf.Met sy terugkeer na Suid-Afrika in 1871, het hy 'n handelaar inSuidwes-Afrika geword. Na sy huwelik in 1875 met Marianne Esther deLa Roche Smuts het hy in Rehoboth gaan bly en aldaar 'n handelsaakbegin.Hahn het Suidwes-Afrika in 1878 verlaat, nadat dit duidelik gewordhet dat die Kaapse regering se entoesiasme vir optrede noord vandie Oranjerivier afgeneem het, as gevolg van sy militere problemeop die oosgrens, in Griekwaland-Wes en Basoetoland. Hy het daarnaby sy broer Johannes, wat Rynse sendeling op Stellenbosch was, gaanwoon. Aldaar het hy die eerste landkaart van Suidwes-Afrika,Original map of Namaqualand and Damaraland, voltooi.In 1881 is hy as regeringsfiloloog en bewaarder van dieGrey-versameling in die Suid-Afrikaanse Openbare Biblioteek(Suid-Afrikaanse Biblioteek) aangestel. Sy aanstelling hetveroorsaak dat die Hooggeregshof deur die Grey-trustees versoek isom die versameling aan hulle oor te dra en om Hahn te verbied ommet die Grey-versameling in te meng. Die applikasie is deur dieHooggeregshof van die hand gewys.Terwyl hy vir die Kaapse regering gewerk het, het hy aan die CapeNative Laws and Customs Commission inligting omtrent die Nama- enHerero-kultuur verskaf. Hierdie kommissie was deur die Kaapseregering aangestel om inligting aangaande die wette en gewoontesvan die inheemse volkere in te win en om verslag te doen aangaandedie wesenlikheid van die instelling van 'n soort stelsel vanplaaslike selfregering in die swart gebiede.Vanaf sy plaas Prospect Hill het Hahn 'n brief geskryf aan dieagent van Adolf Llideritz,Heinrich Vogelsang, waarin hy waardevolleinligting oor die moontlikhede van Suidwes-Afrika gemeld het en hetaan die hand gegee dat LlideritzAngra Pequena (Llideritzbaai)virhandeldoeleindes moes bekom.In 1883 het hy as regeringsfiloloog en Grey-bibliotekaris bedank enhet toe die plaasbestuurder van Welmoed, in die distrik vanStellenbosch, geword. As wynboer het hy voorgestel dat nkooperasie vir die produsering van wyn gestig word, asook spoedigeroptrede met die bestryding van die fillokseraplaag.Met Hahn se hulp het die Kharaskhoma Exploring and ProspectingSyndicate, 'n maatskappy wat in Londen gebaseer was, in 1890belangrike konsessies van die Bondelswart- en Velskoendraerkapteinsin Suidwes-Afrika bekom. Dit was 'n monopolie vir die eksploiteringvan minerale, regte om handel te dryf en om spoorwee aan te le~Na die regte van hierdie sindikaat aan die South AfricanTerritories Company .oorgedra is, het Hahn weer Suidwes-Afrikaverlaat en die plaas Blaauwklip (Blaauwklippen) by Stellenboschgekoop. Sy pogings om te boer het misluk en die plaas is na sybankrotskap aan Cecil John Rhodes verkoop.Daarna het hy agent vir Equitable Life Assurance Society inJohannesburg geword. Terwyl hy by Markstraat 206, Johannesburggewoon het, het hy onsuksesvol aansoek gedoen om as spioen vir dieBritse Militere Regering op te tree.Hy het op 22 Januarie 1905 gesterf en is in die Braamfonteinsebegraafplaas begrawe.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]