已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die tekskwaliteit van medisynevoubiljette : teksgerigte vs lesergerigte ondersoek
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Medisynevoubiljette (MVB's) is bekend vir hulle gebrek aan toeganklikheid. Dit word veraldan ook 'n ernstige aangeleentheid indien talle mense siek word en selfs onnodig sterf asgevolg van nie-nakoming of wanbegrip van die instruksies wat in hierdie dokumente voorsienword.Dit is logisties onmoontlik om 'n direkte verband te bewerkstellig tussen nie-nakoming en dietekortkoming van spesifieke mediese voubiljette. Dit is in beginsel ook moontlik om dieMVB uit te skakel as moontlike oorsaak van nie-nakoming. Daarom word die beoogdefunksies van die voubiljet bepaal, en ondersoekmetodes toegepas om die kwaliteit daarvan tebepaal. Sodoende word tekortkominge in hierdie dokumente teen die beoogde funksie van diedokumente blootgelê en word ruimte geskep vir die herontwerp van die dokumente.Die vakgebied Dokumentontwerp erken verskillende ondersoekmetodes wat op 'n kontinuumtussen teksgerig en lesergerig geplaas word. In hierdie studie word 'n teksgerigte studieuitgevoer deur middel van 'n kontrolelys wat opgestel is om die tekortkominge inmedisynevoubiljette bloot te lê. Die teoretiese raamwerk waarbinne dit geskied is dieFunksionele en die Sistemies Funksionele Linguistiek. 'n Kenmerk van dié raamwerk is datdit genre betrek as die struktuur waarbinne dokumente opgestel en evalueer kan word. Dieelemente van genre, naamlik register – met inbegrip van die konsepte diskoersveld, tenoor enmodus - en kommunikatiewe doelwit, speel 'n belangrike rol hier en omvat beginsels waarbydokumentontwerpstudies kan baat. Die indelingskriterium wat gebruik word vir die genreindelingis doelwit wat implikasies inhou vir die resultate van teksevaluering.Om die daadwerklike kommunikatiewe geslaagdheid van die dokument te bepaal, word 'nlesergerigte studie uitgevoer in die vorm van 'n vraelysondersoek. Hierdeur word die verbandgelê tussen die uitsprake wat gelewer word na toepassing van 'n kontrolelys en hoe die leserdie teks ervaar.Die kontrolelys stel praktiese kwessies op die voorgrond. Die voordeel van kontrolelyste isdat hulle 'Ja- of 'Nee-antwoorde uitlok wat die evalueerder help om die resultate tekwantifiseer. Daar is 'n magdom faktore wat inwerk op 'n evalueerder se besluit om 'Ja of'Nee te antwoord daarom moet die antwoorde gewoonlik gekwalifiseer word. Dit is juis indie kwalisering van antwoorde dat die kwantifiseerbare aspek daarvan ondermyn word.Daarom moet die stellings wat vir die kontrolelys geld, voorskriftelik wees.Voorskriftelikheid suggereer veralgemening wat die doel van die ondersoek kan verbysteek.Daarom is daar in die stellings probeer om soveel as moontlik van die omstandighedewaaronder 'Ja of 'Nee geantwoord kan word te ondervang. Dit sorg ook in 'n mate vir diekwalitatiewe aspek van die studie. Die kwalitatiewe aspek word verder akkommodeer deurruimte vir bespreking van die faktore wat teksopstellers se keuses inperk en vir aanbevelingsvir verbetering van die stellings. Die benadering neem die polisentriese aard vanbesluitneming deur teksopstellers in ag.Die studie is bedryfsgerig. Die farmaseutiese bedryf erken die behoefte aan kommunikasiewat spesifiek op die leek gerig is. Daarom is daar deur die bedryf 'n studie geloods waarvoorbepaalde lesergerigte pasiëntinligtingsdokumete geskep is. Die bedryfsaspek van hierdiestudie is in die vergelyking tussen hierdie tekstipe, wat die PID genoem word, en die MVB.Daar is ook opsigte waarin die PID verbeter kan word.
[发布日期]  [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:4      统一登录查看全文      激活码登录查看全文