Die aftrekbaarheid van werknemerverwante voorwaardelike aanspreeklikhede, met spesifieke verwysing na dieverkoop of beeindiging van 'n besigheid
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Die belastingaftrekbaarheid van werknemerverwante voorwaardelike aanspreeklik-hede, met spesifieke verwysing na die verkoop of beëindiging van ʼn besigheid, is in meegaande studie ondersoek.Dit word bevind dat in die geval van die beëindiging van 'n besigheid, alle voorwaardelike aanspreeklikhede op datum van beëindiging van die besigheid, waarskynlik nooit vervul kan word nie, spesifiek in geval waar dit gekoppel is aan die vereiste dat ʼn werknemer op ʼn toekomstige datum steeds in diens moet wees van die besigheid.Die voorwaardelike verpligting word dus nooit vervul nie en geen betalings hoef aan voormalige werknemers gemaak te word nie. Geen aftrekking aan die voormalige werkgewer word dus toegestaan in gevalle waar verlof- of bonusbetalings gemaak word na beëindiging van die besigheid, indien die verpligting nie reeds onvoorwaardelik bestaan het voordat die beëindiging van die besigheid plaasgevind het nie.Dit word verder bevind dat in die geval waar ʼn besigheid gelikwideer word, die voormalige en voornemende werkgewer se verpligting teenoor die werknemers se voorwaardelike aanspreeklikhede verval.Verder is dit ook waarskynlik dat geen belastingaftrekking toegestaan sal word nie, omrede die voorwaardelike aanspreeklikheid nie vervul is op datum van likwidasie nie.Dit word verder bevind dat in die geval waar ʼn besigheid as lopende saak verkoop word, die voornemende werkgewer ingevolge Artikel 197 van die Wet op Arbeidsverhoudinge verplig word om alle dienskontrakte, tesame met alle regte en verpligtinge wat bestaan tydens die oordrag, oor te neem asof hy in wese in die skoene tree van die voormalige werkgewer.Voorts word die voormalige werkgewer ook gebind aan die betaling van bedrae, soos deur die verkoopskontrak bepaal, of andersins in gevalle waar die voornemende werkgewer nie die verpligting om te betaal, kan nakom nie.Beide die voormalige en voornemende werkgewer bly dus wetlik aanspreeklik vir die betaling van bedrae soos uitgestippel in die verkoopskontrak, in gevalle waar 'n besigheid as lopende saak verkoop word. Dit word verder bevind dat die Inkomstebelastingwet 'n belastingaftrekking moet toestaan aan die voormalige of voornemende werkgewer wat 'n werknemerverwante-betaling maak uit hoofde van die wette soos neergelê deur die Wet op Arbeidsverhoudinge.Sodoende sal die Inkomstebelastingwet die oogmerke van die Wet op Arbeidsverhoudinge onderskraag, met gevolglike voordelige uitwerking op die ekonomie en beskerming van werknemers se werksekuriteit.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]