Studente se belewenis van 'n hulpgroep in 'n eerstejaarsmodule in Finansiële Rekeningkunde.
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Agtergrond tot die studie: As gevolg van die druk wat op die sukses vaneerstejaarstudente by hoëronderwysinstellings geplaas word, word 'n hulpgroep in 'neerstejaarsmodule, Finansiële Rekeningkunde, in die B.Rekeningkunde graadprogram bydie Universiteit van Stellenbosch aangebied. Die hulpgroep is daarop gemik om studente,in besonder die voorheen-benadeelde eerstejaarstudente, te help om sukses te behaal inFinansiële Rekeningkunde. Die hulpgroep het verskeie kenmerke. Daar is byvoorbeeld 6lesings per week in plaas van die normale 4 lesings en bywoning van die lesings isverpligtend. Die hulpgroep grootte word beperk tot 'n maksimum van 70 studente omaktiewe leer aan te moedig. Op Vrydae is daar 'n tutoriaalklas waar studente 'n vraaguitwerk in die klas met die hulp van studente-assistente.'n Verskeidenheid bystandsprogramme en hulp word jaarliks aangebied om diedeurvloeikoerse van eerstejaarstudente te verhoog en ook om vir studente 'n positieweeerstejaarservaring te verseker. Die probleem is dat al hierdie bystand en hulp baie tyd enspesiale insette van dosente en die departement verg, sodat die vraag ontstaan of ditwerklik waarde toevoeg. 'n Verdere kwessie behels die studente se belewenis van so 'nhulpgroep. Dit was dus noodsaaklik om hierdie en soortgelyke vrae te ondersoek en vas testel of 'n hulpgroep beantwoord aan die doel waarvoor dit geskep is.Opsomming van die werk: Daar is gebruik gemaak van 'n gevallestudie-ontwerp. Diedoel van die studie was om vas te stel wat studente se belewenisse van 'n hulpgroep bydie eerstejaarsmodule in Finansiële Rekeningkunde is. 'n Kombinasie van die kwalitatieween kwantitatiewe navorsingsbenadering is in die ondersoek gebruik deur middel vanvraelyste, onderhoude en die analise van prestasiepunte.Gevolgtrekking: Die algehele gevolgtrekking wat uit die ondersoek voortgevloei het, isdat die hulpgroep positief deur die studente beleef word. Verskeie implikasies envoorstelle om die hulpgroep van Finansiële Rekeningkunde aan die Universiteit vanStellenbosch meer doeltreffend te maak, het uit die studie voortgevloei. Voorstelle virverdere navorsing is ook gemaak.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]