已收录 272442 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
'n Teoretiese en praktiese ondersoek na 'n betroubare en toepaslike boedelbeplanningsmodel
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING : Hierdie studie handel oor 'n teoretiese en praktiese ondersoek van die vakdissipline boedelbeplanning met die oog daarop om 'n betroubare en toepaslike boedelbeplanningsmodel te identifiseer. Die ondersoek word vir doeleindes van hierdie studie beperk en afgebaken tot die ontwikkeling van so 'n model vir 'n persoon wat homself in die nis van die gemiddelde salaristrekker bevind met die fokus op 'n toepaslike finansiële beplanning vir die intrede van dié se dood.Daar word ondersoek ingestel na die basis waaruit dié vakdissipline ontstaan en ontwikkel het. Daar is gevind dat die metode van erfopvolging daardie basis uitmaak en ook 'n integrale deel vorm van enige boedelbeplanning wat onderneem word. Relevante beginsels en die metodes van erfopvolging soos dit in die Romeinse, Romeins-Hollandse en Engelse erfreg gegeld het, word ontleed. Met die historiese ontwikkeling in hierdie stelsels as agtergrond, word daar by die Suid-Afrikaanse erfreg aangesluit en die posisie volgens die Suid-Afrikaanse reg bepaal. Die teoretiese grondslag van die vakdissipline word ook vasgelê. Die verskillende rolspelers betrokke by die voorgestelde boedelbeplanningsproses word geïdentifiseer en die voorgestelde boedelbeplanningsproses word beskryf.Die boedelberedderingsproses word ook binne die konteks van die Engelse reg met dié proses binne die konteks van die Suid-Afrikaanse reg deur 'n regsvergelykende studie vergelyk. Hierdie ondersoek word ook beperk tot daardie aspekte van dieberedderingsproses wat vir doeleindes van boedelbeplanning van belang is, juis in die lig van die invloed van die Engelsregtelike reëls op die Suid-Afrikaanse reg ten aansien van gemelde proses.Praktiese probleme wat tans tydens die beredderingsproses van bestorwe boedels deur trustmaatskappye ervaar word, word ook geïdentifiseer en ontleed. Hierdie probleme ondersteun ook die behoefte aan die identifisering van 'n betroubare en toepaslike boedelbeplanningsmodel.Die identifisering van 'n toepaslike boedelontledingsmodel word aangetoon as 'n onontbeerlike kontrolemeganisme van die voorgestelde boedelbeplanningsmodel. Hierdie ontledingsmodel word ook uitgebrei om probleemareas ten aansien van verskillende scenario's uit te wys met 'n bepaalde konvensionele gesinskonstruksie as die basis vir die ontledingsmodel.Beskikbare boedelbeplanningsinstrumente en –tegnieke word geïdentifiseer as hulpmiddels om die erflater se toepaslike boedelplan ingevolge die struktuur van die voorgestelde boedelbeplanningsmodel te fasiliteer. Testamentêre meganismes word van inter vivos meganismes onderskei en toepaslike wetgewing word ook bespreek.Na aanleiding van die resultate van hierdie navorsing word 'n betroubare en toepaslike boedelbeplanningsmodel geïdentifiseer.Die studie word afgesluit met 'n beoordeling en samevatting van die resultate van die navorsing met 'n spesifieke verwysing na dieimplementeringsfase van 'n boedelplan en die gereelde hersieningdaarvan.
[发布日期]  [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:3      统一登录查看全文      激活码登录查看全文