已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Assessering vir leer in ekonomiese en bestuurswetenskappe in die intermediêre fase
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Transformatoriese verandering in onderwysstelsels wêreldwyd wordgekenmerk deur 'n nuwe benadering ten opsigte van assessering. Hierdiesoort assessering wat bekend staan as assessering-vir-leer behoortdeurlopend, diagnosties en ontwikkelend van aard te wees. Dit is assesseringwat nie net gemik is op 'n finale oordeel nie, maar wat ten doel het om leer enontwikkeling met behulp van assessering by leerders te bevorder.Assessering-vir-leer maak dus 'n onlosmaaklike deel van die onderrig- enleerproses uit en gebeur nie slegs aan die einde van die leerproses nie.Hierdie navorsing is gebed in die volgende navorsingsvraag: Tot watter mateword assessering-vir-leer in die Ekonomiese en Bestuurswetenskappeleerareain die Intermediêre Fase gebruik om leerdervordering te begelei en teondersteun? Die mate waartoe die beginsels vir assessering-vir-leer in dieonderrigpraktyk van onderwysers geïntegreer word om Intermediêre Faseleerdersin die leerarea Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW) in 'nlandelike skool te ondersteun is dus ondersoek. 'n Kwalitatiewenavorsingsontwerp binne die interpretatiewe navorsingsparadigma is gebruikom data te genereer ten einde die navorsingsvraag te beantwoord.Onderwysers en leerders is in die studie as respondente gebruik.Die navorsingsresultate het getoon dat onderwysers nog vasgevang is inpraktyke van assessering-van-leer wat fokus op die insameling van punteeerder as op die gebruik van assesseringsinligting ten einde verdere leer byleerders te bevorder. Waar daar wel tekens van assessering-vir-leer in diepraktyk van onderrig-en-leer by onderwysers plaasvind, is dit toevallig en nieintensioneel nie. Voortvloeiend uit die bevindinge word aangevoer dat, metdie nodige ondersteuning, onderwysers beginsels vir assessering-vir-leer inhul klaskamerpraktyk kan integreer ten einde meer effektiewe onderrig en leerin die betrokke skool te bevorder.
[发布日期]  [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:4      统一登录查看全文      激活码登录查看全文