已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die liedere van S. le Roux Marais : 'n geannoteerde katalogus
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING:Die besluit om 'n studie van s le Roux Marais te maak isgestimuleer deur die belangstelling en waardering wat gehore indie bui teland vir die komponis se liedere ui tgespreek het. Diehoeveelheid wetenskaplike navorsing wat tot dusver oor sy musiekgedoen is, is beperk en nie vry van vooroordeel nie. Hierdiestudie het tot 'n herontdekking van vele van sy liedere gelei enin sekere opsigte ook tot 'n herwaardering van sy kuns.Besonderhede oor Marais se lewensgeskiedenis was tot dusver slegsonvolledig beskikbaar. Om 'n beter begrip van die komponis semusiek te verkry was di t noodsaaklik om eers sy biograf ie op teteken. Hierdie inligting gee insig in sy werksomstandighede asmusiekonderwyser en pianis, as orrelis en koorleier, as skilder enkomponis - en ook as mens.'n Volledige lys van sy werke was ook tot dusver nie opgestel nie.Dit word vir die eerste keer in hierdie proefskrif gedoen. Maraiswas in die eerste plek 'n liederekomponis. Hy het egter ook 'naansienlike hoeveelheid koormusiek, etlike stukke vir klavier, virorrel, sowel as drie operettes gekomponeer.Marais se oeuvre hang nou saam met die ontwikkeling van dieAfrikaanse taal. Veral aan die begin van sy loopbaan was hy 'nbaie aktuele komponis: heelwat van sy toonsettings het kort na dieontstaan van die betrokke gedigte die lig gesien. Op die manierhet hy 'n belangrike bydrae tot die Afrikaanse liedereskat en dieAfrikaanse kultuur in die algemeen gelewer.Die katalogus in Hoofstuk 5 is as 'n handleiding bedoel virdiegene wat vinnig en doeltreffend informasie oor 'n spesifiekelied wil he. Elke lied is aan die hand van verskillende hoofpunteontleed, en die inligting word in 'n tienpuntesisteem met 'nbeskrywing weergegee. Die opset van elke beskrywing is ui t dieaard van die saak by elke lied verskillend. Ter wille van volledigheid is informasie oor Marais se ander werkeas Hoofstuk 6 ingesluit. 'n Samevatting van sy komposisiestylword in Hoofstuk 7 aangebied en sluit die proefskrif af.Marais was geinteresseerd in kuns in die algemeen. Sy eerstegroot lief de was die musiek en hy het meer as 150 werkegekomponeer. Sy tweede liefde was die skilderkuns ~n hy hettussen 120 en 130 skilderye, meestal stillewes en blomstudies,gemaak.Marais was 'n instinktiewe komponis. 'n Ontledende aard, formeletegnieke en woordgetroue verklanking is vreemd aan sy styl. Hygebruik 'n soort neo-romantiese idioom, en die beste eienskap vansy musiek is sy melodiee. Hulle is byna altyd gelaai met gevoelen warmte.aanspreek.Hulle is daarom verstaanbaar en kan 'n wye publiekOnder sy tydgenote wat dieselfde idioom gebruik het,verteenwoordig Marais se musiek 'n hoogtepunt.Marais is reeds dee! van die kultuurgeskiedenis van Suid-Afrika.Van sy bekendste liedere het volksbesit geword. Solank Afrikaansbestaan, sal sy liedere gesing word.
[发布日期]  [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:5      统一登录查看全文      激活码登录查看全文