已收录 270281 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Tienermeisies se betrokkenheid by dwelmmisbruik : 'n gender perspektief
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Kaapse Vlakte, die konteks vir die studie, word onder andere gekenmerk deur sy laesosio-ekonomiese status, hoë werkloosheid, bende-aktiwiteite, gesinsgeweld, gebrokegesinstrukture en dwelmafhanklikheid. Tienerdogters wat in gemeenskappe op die KaapseVlakte opgroei, word daagliks aan hierdie hindernisse blootgestel, wat hulle meer vatbaarmaak vir die misbruik van dwelmmiddels.Die doel van die studie was om tienermeisies in 'n benadeelde gemeenskap watdwelmmiddels gebruik, se perspektiewe met betrekking tot dwelmmisbruik te ondersoek. Diestudie het 'n genderperspektief aangeneem, met ander woorde dit het vroue as subjektesentraal geplaas en hulle probleem met dwelmmisbruik ondersoek. Min navorsing oordwelmmisbruik fokus op vroue, ten spyte van 'n veronderstelling dat misbruik onder vroueernstige gevolge vir die samelewing inhou. Aangesien ek gepoog het om hierdietienermeisies se behoeftes aan ondersteuning en moontlike maniere waarop hierdiebehoeftes aangespreek kan word, te verstaan en te beskryf, het ek van 'n kwalitatiewenavorsingsontwerp gebruik gemaak en die studie vanuit 'n interprevistiese paradigmabenader. Data is met behulp van onderhoude, persoonlike refleksies en observasies bekom.Die navorsingsbevindinge het getoon dat die tienerdogters se huislike omstandighede deurenkelouerskap en afwesige vaderskap vererger word, dat daar 'n gebrek aan kommunikasietuis is en dat hulle behoeftes aan liefde en emosionele sekuriteit uitspreek. Die tienerdogtersvoer aan dat hulle dwelms gebruik om van hul probleme tuis te ontvlug. In hierdie studie oortienerdogters se redes vir en perspektiewe ten opsigte van dwelmmisbruik, toon data dathulle duidelike behoeftes aan ondersteuning het - tuis sowel as in die samelewing waarinhulle leef.
[发布日期]  [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:4      统一登录查看全文      激活码登录查看全文