Fostering sustainable energy transitions in South Africa: a system dynamics approach to achieving a sustainable electricity sector
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Suid-Afrika ondervind tans talle uitdagings soos lae ekonomiese groei, maatskaplike ongelykhede en swakstaatsbestuur, maar ondanks hierdie uitdagings streef die elektrisiteitsektor van die land na 'n oorgang navolhoubare energie. Dít blyk duidelik uit die aantal meganismes wat hierdie oorgang bevorder, waaronder dieNasionale Groeiplan, die Nasionale Ontwikkelingsplan en die Geïntegreerde Hulpbronplan vir Elektrisiteit.Die sukses van so 'n omvangryke oorgang berus op 'n holistiese beskouing van volhoubaarheid oor 'n aantalsektore heen. 'n Volhoubare energieoorgang (VEO) is uiters kompleks en vereis 'n multidissiplinêrebenadering om in die samelewing se ontwikkelings- en ekonomiese groeibehoeftes te voorsien, en terselfdertydklimaatsveranderingsuitdagings en hulpbronbeperkings die hoof te bied. VEO-raamwerke sluit verskeiekwessies in, wat onder meer insluit die verband tussen energieproduksie en -verbruik, die ingebruiknemingvan volhoubare tegnologie en die sosio-tegniese impak daarvan, die vereiste paradigmaskuif vir beleidvorming, sowel as die ooglopende omgewingsbeperkings. Hierdie studie het ten doel om by te dra tot die kennisbasis vir die bevordering van VEO's in dieelektrisiteitsektor van Suid-Afrika. Daarom konsentreer die studie op die vermoë van die elektrisiteitsektor om'n VEO te bewerkstellig en terselfdertyd 'n aantal maatskaplike, ekonomiese en omgewingsbeperkings tebestuur. Dít word deur 'n dubbelnarratiefbenadering bereik. Die benadering behels 'n narratiewe fase, watbestaan het uit 'n sistematiese literatuuroorsig om die verskillende aspekte van oorgange en dieverbandhoudende kompleksiteite te bepaal, sowel as 'n modelleringsfase, waartydens 'n toepaslikemodelleringsmetodologie deur 'n normvergelykingsproses gekies en 'n model gevolglik ontwikkel is om dieVEO vir die Suid-Afrikaanse elektrisiteitsektor op nasionale vlak te modelleer. 'n Uitset van die narratiewefase was die ontwikkeling van 'n stel kriteria waarvolgens die vordering van die VEO met betrekking tot dietempo en omvang van verandering oor tyd beoordeel kan word. Die gekose metodologie vir diemodelleringsfase was stelseldinamika, waarvolgens 'n model ontwikkel is om die Geïntegreerde Hulpbronplanvir Elektrisiteit vir Suid-Afrika te modelleer en alternatiewe scenarios te bepaal wat 'n oorgang navolhoubaarheid kan bewerkstellig. Die model is ontwikkel met die doel om belanghebbendes van verskillende agtergronde by gesprekke te betrek en om toekomsmoontlikhede te skep, versiendheid te ontwikkel enbeleidsontwikkelingsprosesse te versterk.Die resultate van die modelscenarios is aan die hand van die ontwikkelde stel kriteria beoordeel, en dui daaropdat die huidige beleid onvoldoende is om teen 2050 'n VEO te bewerkstellig. Die resultate toon ook datscenarios met meer hernubare-energietegnologieë doeltreffender is om VEO's in die hand te werk. Uitdagingswat egter oorweeg moet word, sluit in die aansienlike vereiste finansiële belegging, die wisselvallige aanbod,en die beskikbare elektrisiteit wat vereis word om aan die vraag te voldoen. Hierdie scenarios word uitvoerigbespreek en aanbevelings word ook gedoen.Die studie bied in die geheel 'n alternatiewe benadering om die vermoë te evalueer van Suid-Afrika seelektrisiteitsektor om 'n VEO te bewerkstellig, en dra by tot die VEO-kennisbasis van die land.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]