Der Einfluβ waldbaulicher Maβnahmen auf die Sproβgewichte von Naturverjungungspflanzen im Bergmischwald : biometrische Auswertung eines waldbaulichen Versuches
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Die uitwerking van boskultuurbehandelings op die bogrondse biomassa vandie natuurlike verjonging in gemengde gebergtebosse: statistieseontleding van 'n boskultuureksperiment.In Suid-Duitsland heers daar baie kommer oor die deur die mensveroorsaakte omsetting van die gemengde loofhout-naal dhout bosse inmonokulture van fynspar. Veral tans, met die beklemtoning op diebewaring van die omgewing, het dit dringend noodsaaklik geword aanhierdie probleem, met sy veelsydige sosiale en politieke aspekte, aandagte gee.In 1976 het die Leerstoel vir Boskultuur aan die Universiteit Munchen 'nomvattende studie onderneem in die gemengde gebergtebosse in dieoostelike Beierse Alpe. Die projek was gerig op 'n in-diepte studie vandie meervoudige aspekte van die natuurlike verjonging in daardiebostipe. Die tesis behandel die ontleding en interpretasie van 'ngedeelte van die eksperimentele data en is beperk tot die distrikRuhpolding die Kalkalpe.Die vernaamste doel van die huidige studie is die kwantitatieweontleding van die invloed van opstandsdigheid op die verjonging, asookvan die uitwerking van beskerming van die verjonging teen wildskade(deur middel van omheining) en die invloed van grondbewerking op dieverjonginsproses. .In 'n eksperiment met twee herhalings is drie kroonvrystellingsvariante, naamlik 'n kontrolebehandeling (waarby geen borne verwyder isnie), 'n swak vrystelling (met 'n verwydering van 30% van die basaleoppervlak) en 'n sterk vrystelling (met 'n verwydering van 50% van diebasale oppervlak) verkry.Die kroonvrystellingsvariant is op hoofpersele met 'n area van 0.5hektaar getoets, maar slegs die binneperseel met 'n area van 33 x 33 mis vir die jaarlikse metings gebruik; terwyl die res van die perseel asbufferstrook gedien het. Vir die doel van hierdie studie is elkeafsonderlike plant op so 'n wyse gemerk, dat die. ontwikkeling van dieplante ondersoek kon word. Binne elkehoofperseel is 96 sistematiesverdeelde kwadrate met 'n area van 1 m2 uitgele. In verband met dietoetsing van die variante omheining en grondbewerking is diehoofpersele in subpersele onderverdeel. Twee subpersele is steedsomhein terwyl die grondbewerkingsbehandeling in een van hierdie tweesubpersele getoets is. In die, subperseel buite die beskermde persele isgeen grondbewerking toegpas nie.Gedurende die herfs van 1986 is 2999 plante, van 144 kwadrate afkomstig,geoes. Die geoeste materiaal het ook die wortelsisteem ingesluit. Opelke plant is ''n hele aantal veranderlikes gemeet, soos die droe gewigvan die bogrondse plant, die ontkiemingsjaar en die voorkoms en graadvan beskadiging asook ande rveranderlikes.Daar is van twee kenmerke gebruik gemaak om die opstandsdigtheid tekwantifiseer, naamlik die relatiewe beligting en die opstandsdigtheid.Laasgenoemde veranderlike is gedefinieer as di e kwadraat van die aantalborne (van die volwasse opstand), gedeel deur sy basale oppervlak. Die uitwerking van die behandelingsvariante is getoets met behulp van 'nregressiemodel met omheining as dummy-veranderlike, grondbewerking as 'ntweede dummy-veranderlike en met of opstandsdigheid 6f relatiewebeligting as kontinue onafhanklike veranderlike. Die model het ookinteraksies tussen hierdie veranderlikes ingesluit. Die afhanklikeveranderlike is of as die bogrondse droe gewig van die plant of dietotale droe gewig per hektaar gedefineer.Verskei e transformasies van die afhanklike veranderl ike is getoets omdie variansie te stabiliseer en om normaal-verdeelde residue te verkry.Die model wat die beste result ate van die transformasie gel ewer het, isnietemin vir die doel van skattingsmodelle gekies.Dit is gevind dat opstandsdigtheid en ligintensiteit sterk gekorreleeris. Die groei van die vier boomsoorte wat 'ondersoek is, het sterk opdie gemanipuleerde ligintensiteit gereageer. Daar was geen aanduidingsdat grondbewerking wel 'n invloed op die bogrondse massa gehad het nie.Dit word daaraan toegeskryf dat die grondtoestande in elk geval gunstigvir die ontwikkeling van die, plante was. Die bogrondse biomassa is welgeaffekteer deur die omheinings wat die plante teen wildskade beskermhet. Die silverden het as gevolg van wildskade heeltemaal verdwyn enbeskerming teen wildskade deur middel van omheining is absoluutnoodsaaklik om die silverden se uitsterwe te voorkom.Die studie het belangrike leidrade vir die bestuur van hierdie bostipeopgelewer en sal daartoe kan lei dat die gemengde bosse behou word enherstelling intree.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]