已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
'n Studie van swangerskapsanemie met spesiale verwysing na die Kaapse kleurling
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Meer as honderd jaar gelede is dit reeds opgemerk dat die vrougeneig is om anemies te word tydens swangerskap (Nasse 1935). Indienanemie gedefinieer word as 'n toestand gekenmerk deur 'n hemoglobien ofhematokritwaarde minder as die aanvaarde ondergrens van normaal, isswangerskap sekerlik een van die mees gewone oorsake van anemie. Nogtans heers daar groot onsekerheid oor die evaluasie van swangerskapsanemie.Die twyfel kan grotendeels toegeskryf word aan foutiewe veralgemeningsmet betrekking tot standaarde wat vir nie-swanger vroue opgestelis (Hytten en Leitch, 1964).Meer as tweeduisend jaar gelede is dit reeds geglo dat daar tydensswangerskap 'n toestand van abnormale bloedrykheid of pletora ontstaan(Smith 1860). Hierdie hipotese is teen die laaste helfte van die vorigeeeu bevestig deur die diere-eksperimente van Duitse werkers (Spiegelbergen Gscheideln 1873, Cohnstein 1883), maar dit het terselfdertyd duidelikgeword dat hierdie bloedvolume-vermeerdering grotendeels toegeskryf moesword aan 'n plasmavolume-toename as gevolg waarvan verdunnings-anemieontstaan, (Willcocks 1881, Barnes 1884, Playfair 1878). Hoewel daartot onlangs nog werkers was wat hierdie hidremie nie wou aanvaar as 'nonskuldige verskynsel nie (Benstead en Theobald 1952, Camilleri 1958,Verloop et al 1959), glo die meeste outoriteite vandag wel aan diefisiologiese anemie van swangerskap (Hytten en Leitch, 1964), en virdie verloskundige het dit belangrik geword om te weet hoe die periferebloedondersoek hierdeur beïnvloed word.
[发布日期]  [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:6      统一登录查看全文      激活码登录查看全文