Die drukking van dakke : ruimtelikheid en morele agentskap in Gert Vlok Nel se digbundel om te lewe is onnatuurlik en 'Veelvuldige gebruike vir huishoudelike toestelle
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Die eerste gedeelte van hierdie tesis ondersoek die ruimtelike basis vir morele agentskap inGert Vlok Nel se digbundel om te lewe is onnatuurlik. As teoretiese raamwerk word daar vandie teoloog/letterkundige Wesley Kort, die letterkundige/sosioloog Irma du Plessis en dieradikale geograaf David Harvey se werk gebruik gemaak.Kwessies soos die (i) wisselwerking tussen omvattende, sosiale en intieme ruimtes deurnarratiewe ruimtelikheid in poësie, (ii) die onstandvastigheid van die onderskeid tussenprivate en openbare ruimtes en (iii) verkillende vorms van ruimtelikheid, soos absolute,relatiewe en relasionele ruimtes, asook materiële ruimte, gerepresenteerde ruimte en ruimtesvan representasie kom aan die bod.Daar word aangevoer dat Gert Vlok Nel se bewustelike plasing van homself asrandfiguurdigter binne die Afrikaanse literêre sisteem as vorm van morele agentskap gesienkan word. Verder word getoon dat, as om te lewe is onnatuurlik in geheel en asfamiliekroniek gelees word, die onderskeid tussen private en openbare ruimtes waar gewelden trauma plaasvind ondergrawe word en sodoende politieke magskwessies as persoonliketiesekwessies herdefinieer. Laastens word argument gevoer dat, alhoewel die sprekerdigterin die bundel ('Gert, of 'Gertjie) op die oog af gebrekkige agentskap blyk te toon,die besonderse tydruimtelike plasing van die spreker-digter die moontlikheid virverruiming van agentskap skep en sodoende die idee van versplinterde subjek uitdaag.Hierdie akademiese opstel hou verband met die kreatiewe gedeelte van die tesis, digbundelgetiteld Veelvuldige gebruike vir huishoudelike toestelle, waarin huishoudelike ruimtes asvertrekpunt gebruik word om kwessies soos morele verantwoordbaarheid, kreatieweaandadigheid, post-koloniale manlikheid, sosiale verandering en trauma te ondersoek.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]