Die geskiedenis van Kuilsrivier, 1652-1905
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING:Ofskoon die gebied wat later bekend sou staan as die Kaapse Vlakte en Duine eeue lank reeds deur jagters en veeboere bewoon is, was dit blanke setlaars wat na die stigting van 'n verversingspos aan die Kaap, vanaf 1680, die gebied sou bewerk en omvorm.'n Uitspanplek vir reisigers van en na die Kaap was noodsaaklik, en daarom was De Kuilen, vanwee sy ligging, die aangewese plek vir die oprigting van 'n Kompanjiespos in 1680 waar veldwagters gestasioneer kon word. Hierdie amptenare het in 'n wisselende mate beheer uitgeoefen oor die vryburgers in die binneland. In 1700 is De Kuilen verkoop aan kaptein Olof Bergh, die hoof van die Kaapse garnisoen.Na 1700 het die plaas De Kuilen steeds as 'n halfweghuis gedien, alhoewel dit gedurende die agtiende eeu en die eerste helfte van die negentiende eeu met kort tussenposes van eienaar verwissel het. Die plaaslike gemeenskap, net soos die in die Kolonie, kon egter nie vinnig ontwikkel nie, aangesien 'n toereikende verbindingsweg oor die sanderige Kaapse Vlakte ontbreek het.Die landmeter-generaal, luitenant-kolonel C. C. Michell, het hierin die inisiatief geneem. In Desember 1845 is die hardepad, met die hulp van andietearbeid, voltooi. Dit het gelyk asof die gemeenskap by Kuilsrivier op die drumpel van groot ontwikkeling staan. Die drie herberge met hul kantiens, wat ook as negosie-winkels gedien het, het gefloreer. Met die aanbou van die spoorlyn vanaf Kaapstad in 1862, is egter teen die verwagting van die inwoners in, besluit dat Kuilsrivier slegs 'n spoorweghalte sou kry, en dat nie alle passasierstreine daar sou stilhou nie. Die besluit het verdere ontwikkeling gestrem.Kuilsrivier se inwoners is oor die jare heen nou betrek by gebeure van nasionale omvang, soos die agitasie in 1849-1850 om die invoer van surplus-bandiete uit Engelse tronke te verhoed. George Holloway, een van die herbergiers op Kuilsrivier, se versuim om aan die eise van die Anti-bandietegenootskap toe te gee, het bankrot gespeel.Die kerk het, soos in alle Afrikaner-gemeenskappe destyds, belangrike rot gespeel in die Kuilsrivierse gemeenskap. Die onwrikbare geloof en deursettingsvermod van die vromeJohanna (Jana) van der Berg, het die grondslag gele vir die oprigting in 1843 van 'n kerk en skool deur die Rynse Sendinggenootskap in Sarepta. Onder leiding van onderwysers, soos Hendrik January, het die onderwys en die kerk gevorder.Na 'n paar onsuksesvolle pogings in die sestigerjare van die negentiende eeu is in Augustus 1874 met 'n skool vir blanke leerlinge begin. Die koms van Charles Mathurin Villet in 1881 het 'n periode van kulturele en godsdienstige oplewing ingelui. Sy opvolger, die sterk Afrikanergesinde Pieter Francois de Wet, wat vanaf 1892 tot 1905 skoolhoof was, se dienstermyn is gekenmerk deur personeeluitbreiding en die aanbou van 'n nuwe skoolgebou.In die laaste dekades van die negentiende eeu is plaasskole in die Vlaeberg en Bottelaryomgewings gestig.Sommige van Kuilsrivier se inwoners het na Stellenbosch gegaan vir hul kerklike voorregte en behoeftes; die meerderheid was egter lidmate van die Durbanvillese gemeente. Di. Johannes Jacobus Beck (1834-1886) en Anton Daniel Liickhoff (1886-1903) het op 'n redelik gereelde grondslag dienste gehou in die skoolgebou op Kuilsrivier. In 1903 is die selfstandige gemeente, Kuilsrivier, gestig. Die kleurryke ds. Herman Dirk van Broekhuizen is in 1904 asdie eerste predikant bevestig.Kuilsrivier het destyds onder die Stellenbosse kiesafdeling geressorteer, en die beroeringe op politieke gebied het die gemeenskap direk geraak. Die agitasie vir die uitbreiding van die stasiefasiliteite op Kuilsrivier, byvoorbeeld, het 'n sterk politieke inslag gehad. Die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog in 1899 het die verhouding tussen die Afrikanergesindes en die sogenaamde jingo's, sterk beInvloed.Die klein gemeenskappe van Kuilsrivier, wat destyds hoofsaaklik saamgestel was uit groenteboere, maar ook die druiweboere teen die hange van die Bottelary heuwels, het 'n opvallende aantal belangrike skrywers opgelewer.Die vroegste bewys van die aanwesigheid van die muse onder die inwoners van dieKuilsrivierse omgewing, is die kosbare handgeskrewe Verseboek van die Bosmans, waarin gedigte opgeneem is wat van 1773 tot 1813 in die Bottelary geskryf is deur Susanna Bos man van die plaas Welgelegen en haar twee dogters, Susanna Johanna Schabordt en MariaMargaretha de Waal wat op Langverwacht, buite Kuilsrivier, gewoon het.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]