Die perserverance kersfeesorkes as verteenwoordigende voorbeeld van gemeenskasmusiek in die Wes-Kaap
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Kersfeesorkeste is ‟n Christelike tradisie binne die Kleurling-gemeenskap van die Wes-Kaap wat dissipline en goeie waardes by lede van hierdie gemeenskap inboesem en musiek in voorheen benadeelde en minderbevoorregte sektore van die samelewing bevorder. Die geskiedenis en agtergrond van die Kersfeesorkeste is soortgelyk aan dié van die Kaapse Klopse en die Maleierkore, wat veral prominent na vore kom tydens die Kersfees- en Nuwejaarsfeestelikhede in die Kaap. Alhoewel hierdie drie groepe ‟n nou verbintenis tot mekaar het en dikwels deur die publiek saamgroepeer word, funksioneer hulle onafhanklik van mekaar en is daar beduidende verskille in kultuur, repertoire, kleredrag, organisatoriese struktuur en samestelling.Hierdie studie fokus op die Perseverance Kersfeesorkes en ondersoek dié orkes in sy vele fasette binne die raamwerk van wat in die musiekwetenskap deesdae 'gemeenskapsmusiek genoem word. Die kenmerke van die begrip 'gemeenskapsmusiek, soos dit in die laaste 15 jaar in ander lande geformuleer is, word aan die hand van die Perseverance Kersfeesorkes getoets om uit te vind of die Perseverance Kersfeesorkes as ‟n voorbeeld van gemeenskapsmusiek beskou kan word en, omgekeerd, of die begrip 'gemeenskapsmusiek aan die hand van hierdie geval in alle opsigte gepas is of dalk aangepas moet word.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]