已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Spiritualiteitsdiversiteit as uitdaging aan die erediens : 'n verkenning van die funksie van lofprysing in die Nederduitse Gereformeerde Kerk
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Nederduitse Gereformeerde Kerk is die afgelope paar jare in debattegewikkel oor die een aktiwiteit wat uniek aan die kerk is, naamlik haaraanbidding. Aanbidding het vandag een van die belangrike redes gewordwaarom kerke groei, maar is terselfdertyd ook een van die oorsake waaromgemeentes lidmate verloor en kwyn.Aan die voorpunt van die debat oor aanbidding, is die kwessie van lofprysing.Lofprysing het vandag vir baie gelowiges 'n middel geword om hulle geloof enaanbidding tot uitdrukking te bring. In plaas daarvan dat die nuwe beklemtoningen behoefte aan lofprysing die kerk in haar aanbidding van God verenig het, hetdit egter 'n bron van frustrasie en konflik geword. Hierdie konflik sentreerhoofsaaklik om die styl waarin lofprysing plaasvind en word aangehelp deur diegebrek aan kennis oor die onderwerp en die diversiteit wat in gemeentes heers.Gemeentes van die Nederduitse Gereformeerde Kerk bestaan vandag uit lidmatewat uiteenlopende lewensuitkyke handhaaf en verskillende spiritualiteite besit.Om die hele kwessie van lofprysing binne die konteks van diverse gemeentesaan te spreek, moes die studie eerstens die aard en funksie van lofprysing binnedie liturgie bepaal. Daarna moes 'n wyse gevind word waarop die diversiteit ingemeentes hanteer kon word. Deur middel van 'n spiritualiteitstipologie watHolmes in 1980 opgestel het, en wat later as basis van verskillendespiritualiteitsanalises gedien het, is 'n instrument daargestel waarmee gemeentesen individue se spiritualiteit getoets kon word. In hierdie studie is die analises nienet gebruik om mense se spiritualiteit vas te stel nie, maar ook om te bepaal ofdaar 'n korrelasie tussen spiritualiteitsgroepe en hulle aanbiddingsbehoeftesbestaan.Die navorsing het daarin geslaag om nie net 'n verband tussen spiritualiteit enaanbiddingspatrone aan te toon nie, maar ook die waarde van 'nspiritualiteitsanalise te beklemtoon om die diversiteit ten opsigte van aanbiddingen lofprysing in gemeentes aan te spreek.
[发布日期]  [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:4      统一登录查看全文      激活码登录查看全文