'n Ding wat homself dra : Anne Carson se Nox as visuele en poetiese ondersoek na haar broer se lewe en dood en Afskrif
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie tesis is 'n studie van Anne Carson se boek Nox wat die vorm, voorkoms, prosesse ensamestelling van die teks ondersoek en analiseer. Dit probeer tot 'n begrip kom van presieshoe Carson 'a brilliantly curated heap of scraps verwerk tot 'n outonome kunswerk, 'a thingthat carries itself.In die eerste gedeelte van die tesis word Nox as voorbeeld van 'n kunsboek ('artists' book)beskou. Nox se inhoud en voorkoms word gemeet aan die definisie en kenmerke vankunsboeke en binne die konteks van die geskiedenis van boekkuns as praktyk geplaas. Daarword veral gefokus op die visuele aard van Nox, die maniere waarop die boek verskil vanmeer konvensionele tekste, die selfbewustheid en selfrefleksie wat in die teks manifesteer endie eenheid van vorm en inhoud wat die outeur/kunstenaar bewerkstellig.Die tweede gedeelte ondersoek hoe vertaling op verskillende vlakke as proses in die skep vanNox funksioneer. Die fragmente en brokstukke waaruit die teks bestaan word deur middel vanvertaling tot 'n eenheid gebind. Die proses van lewensbeskrywing word op metaforiese vlakas 'n soort vertaling gesien, wat parallel staan teenoor die letterlike vertaling van Catullus se'Gedig 101 wat op die bladsye van Nox plaasvind. Terselfdertyd verteenwoordig die wysewaarop 'n private objek (Carson se notaboek waarin sy die oorspronklike brokkebyeengebring het) verwerk word tot 'n publieke kunswerk (die kunsboek Nox) 'n volgendevlak van vertaling wat die ander twee vlakke omarm en bevat. Deur middel van 'n proses vanintersemiotiese vertaling skep Carson in die kunsboek Nox 'n weergawe van 'Gedig 101.Die manier waarop die gedig betekenis skep word in ander tekensisteme in die kunsboeknageboots.In die laaste afdeling word semiotiek aangewend as teoretiese raamwerk waarbinne 'n tekswat uit verskillende media saamgestel is, ondersoek kan word. In dié gedeelte word 'nstiplees van Nox onderneem om te demonstreer presies hoe Carson die fragmente enbrokstukke verwerk om 'n samehangende eenheid te skep. Daar word aangedui dat die teksgelees kan word as 'n vertraagde, verskerpte en ontplofte vertaalhandeling wat uitdrukkingen vorm gee aan menslike smart.Die bundel Afskrif bestaan uit gedigte wat die moontlikheid van oorspronklikheid ondersoeken op verskillende maniere kyk na replikas, afskrifte, kopieë en herskrywings.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]