已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Selfkonsep en veerkragtigheid van 50- tot 60 jarige muurbalspelers
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie verkennende studie is onderneem om die rol van fisiese welstand rakendealgehele geestesgesondheid te ondersoek. Die hoofdoelstelling is om vas te stel ofdaar verskille is tussen die selfkonsep en veerkragtigheid van 'n groep individue watkompeterend aan muurbal deelneem (vir ten minste die afgelope 12 maande) en 'nander groep wat geensins aan enige fisiese oefening deelneem nie (ook vir dieafgelope 12 maande). Beide die groepe behoort tot die ouderdomsgroep van 50- tot60 jariges. Hierdie navorsing is aangepak binne die positiewe paradigma vansielkunde as die wetenskaplike bestudering van die oorspronge, die prosesse enmeganismes rakende optimale vlakke van menslike funksionering.Binne die kwantitatiewe benadering is 'n vergelykende navorsingstipe gebruik.Sestig deelnemers is vir die doel van die studie gebruik. Die deelnemende groep(n=30) neem op ʼn gereelde basis aktief deel aan georganiseerde muurbal in dieMeestersliga van die Westelike Provinsie se Muurbalunie. Die nie-deelnemendegroep (n=30) het bestaan uit dertig individue wat glad nie aan enige fisiese oefeningdeelneem nie. Drie meetinstrumente is deur al die respondente voltooi, naamlik dieDemografiese Vraelys, die Rosenberg Selfkonsepvraelys en dieVeerkragtigheidsvraelys.Statisties beduidende verskille is gevind tussen die selfkonsep en veerkragtigheidvan die deelnemende groep en nie-deelnemende groep. Die deelnemende groephet ʼn hoër selfkonseptelling en veerkragtigheidstelling as die nie-deelnemendegroep getoon.
[发布日期]  [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:4      统一登录查看全文      激活码登录查看全文