已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Deur die sleutelgat : 'n ondersoek na die voyeuristiese elemente in die poesie van Johann de Lange
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Die term voyeurisme hoort normaalweg tuis binne die sielkunde, waar dit dui op 'nseksuele abnormaliteit en afwyking. Hierdie siening stigmatiseer egter die fenomeenvoyeurisme as 'n perverse handeling. In die eerste hoofstuk van hierdie studie word 'npoging aangewend om die begrip voyeurisme te verruim. Die voyeurisme wys nie netop 'n seksuele afwyking nie, maar vorm 'n sentrale deel van die eietydse samelewing.Die voyeurisme is dus ook van kardinale belang vir die letterkunde.In hierdie tesis word die voyeuristiese elemente in die poësie van Johann de Lange ondersoek.Aan die hand van tekste uit De Lange se oeuvre word die hipotese getoets datdie voyeurisme 'n voorwaarde vir die letterkunde is. Voorts word daar beweer dat dievoyeurisme 'n onmisbare funksie in die skryf-en-lees-proses vervul; dat nie net diedigter nie, maar sowel die teks as die leser noodwendig deel in die voyeuristiese handeling.Die letterkunde is dus, volgens hierdie hipotese, te danke aan die perspektiwiesekompleksiteit van die voyeurisme.Om die sprong van die sielkunde na die letterkunde te maak, word daar eerstens aandagbestee aan die werk van die teoretici Jean-Paul Sartre, Jacques Lacan en MichelFoucault en die bydraes wat hulle tot die teoretisering oor persepsie lewer. Voortsword vier gedigte geanaliseer met konsentrasie op aspekte van die voyeurisme sooswat dit in De Lange se oeuvre manifesteer en funksioneer, naamlik: die skilderkuns,die fotografie, die religie en die verhouding tussen vader en seun.Hoewel hierdie tesis uitsluitlik oor die werk van Johann de Lange handel, wil dit 'ngesprek oor die voyeurisme in die Afrikaanse letterkunde tot stand bring.
[发布日期]  [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:5      统一登录查看全文      激活码登录查看全文