'n Praktiese teologiese ondersoek na kontemporêre jeugkultuur en depressie in tienerdogters
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie navorsingstudie fokus op die invloed van kontemporêre jeugkultuur opdepressie onder tienermeisies. 'n Praktiese teologiese ondersoek is gedoen, spesifiekin die veld van jeugbediening. 'n Teoretiese ondersoek na depressie ondertienermeisies en die verskeie invloede wat daarop 'n rol kan speel, is gedoen. Daar isspesifiek gekyk na die tienermeisies van die Nederduitse Gereformeerde KerkWaterkloof nadat die waarneming gemaak is dat baie van dié dogters aan depressiely en dit ook deur van die ouers bevestig is. Die studie is aan die hand van die vierpraktiese teologiese take wat deur Osmer (2008) voorgestel is, uitgevoer. Hierdie takeis: Wat gebeur? Hoekom gebeur dit? Wat is veronderstel om te gebeur? Hoe kan daargereageer word?In die studie is daar spesifiek gekyk na herhalende depressiewe episodes en MajorDepressive Disorders. Simptome van depressie onder tieners is nagevors. Daar wordbreedvoerig uitgebrei oor die verskeie invloede op depressie onder tieners, naamlikdeur huislike omstandighede, skool, Internet en kontemporêre jeugkultuur. Diepositiewe en negatiewe bydraes wat spiritualiteit, godsdiens en geloof tot depressiewetieners kan maak, word bespreek.Die studie het die ondersoek vernou deur net op tienermeisies te fokus nadat daargevind is dat meer tienermeisies as tienerseuns aan depressie ly. Daar is gevind dattienermeisies waarde put uit 'n persoonlike verhouding met God en dat dit simptomevan depressie kan verlaag. Die voorstel word gemaak dat jeugbediening depressiewetienermeisies moet bemagtig om hulle Christelike spiritualiteit deel van hullealledaagse lewe te maak; om dit te kan beleef en om dit uit te leef.Denise Ackermann se feministiese teologie van praxis, Legge se ervaringsteologie,Scrutton se teologie van transformasie, Van der Walt se feministiese en Afrikahermeneutieselees van Bybeltekste en Dreyer se pastorale leiding word in gesprekgebring met jeugbediening om metodes te ontwikkel en ruimtes te skep waardepressiewe tienermeisies die geleentheid kan kry om hulle ervarings te deel, uitander se ervarings te leer, God as liefdevol en as Verlosser ‒ eerder as kwaai en volhaat ‒ te ervaar en om die Bybel as bron te gebruik om met karakters wat ook lydingervaar het, te kan assosieer.Daar word voorgestel dat jeugbediening in die Nederduitse Gereformeerde Kerk,spesifiek die Nederduitse Gereformeerde Kerk Waterkloof, erns sal maak met dieinvloed van kontemporêre jeugkultuur op depressie onder tienermeisies; dat diejeugbediening in die Nederduitse Gereformeerde Kerk Waterkloof die tienermeisiesse konteks in ag sal neem asook die uitwerking van hulle konteks op hullegemoedstoestand en dat die jeugleraar ruimtes sal skep waar praktiese teologie saammet 'n feministiese teologie van praxis depressiewe tienermeisies kan bystaan.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]