Die Kaapse meubelmakers, 1652-1900
[摘要] INDLEIDING: Ten spyte van die belangrike bydrae wat die meubelmakers oor meer as drieeeue gelewer het t.o.v. die vervaardiging van een van die belangrikste gebruiksartikels in die Kaapse huishoudings, is daar nag min aandag aan dieonderwerp bestee. Slegs enkele navorsers soos H. Aucamp (1971), M. Baraitser en A. Obholzer (1971), J.L.M. Franken (1940) en J. Hoge (1946) verwys na enkele meubelmakers, timmermans, draaiers, voeërs en beeldsnyerswat meubels gemaak het. Daar is egter nog geensins 'n geheelbeeld saamgesteloor die herkoms van die Kaapse meubels en die vakmanne wat dit plaaslikvervaardig het nie.Die doel van hierdie studie is om vas te stel wie die mense was wat dieKaapse meubels sedert die volksplanting plaaslik vervaardig het. Die studiehet ook ten doel om, waar moontlik, te onderskei tussen die verskillendesoorte vakmanne wat meubels gemaak het, nl. kabinetmakers, stoelmakers,draaiers, voeërs, beeldsnyers en timmermans.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]