已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Semantics, world view and Bible translation : an integrated analysis of a selection of Hebrew lexical items referring to negative moral behaviour in the book of Isaiah
[摘要] Tot op hede is die studie van die semantiek tot 'n groot mate bëinvloed deur die taalkundigeperspektiefvan die navorser. Dit het dikwels gelei tot resultate wat skeefgetrek is deur dievoorveronderstellings van die navorser. Sommige aspekte van betekenis wat van primêre belangis vir die semantiese beskrywing van bepaalde taalkundige konstruksies is in die proses niegenoegsaam, of glad nie, aan die orde gestel nie. Semantiek as 'n interdissiplinêre wetenskap het'n komplekse karakter aangesien taalkunde, antropologie, kognitiewe sielkunde en, afhangend vandie doel van 'n bepaalde semantiese analise, ander verwante dissiplines daarin 'n rol kan speel.Om die rede is daar 'n behoefte aan 'n omvattende benadering in terme waarvan die verskillendefaktore verreken kan word.In die semantiese analise van Bybel-Hebreeuse konstruksiesvorm die kulturele agtergrond vanleksikale items 'n integrale deel van die semantiese inhoud van hierdie items. In die lig van diebeduidende historiese en kulturele verskille tussen die konteks(te) van die Ou Testament en diekonteks(te) van hedendaagse lesers is dit dus belangrik om die kulturele dimensie van 'nsemantiese analise van Bybels-Hebreeuse leksikale items sistematies aan die orde te stel. So 'nbenadering is van groot belang vir Bybelvertaling wat by uitstek 'n proses van interkulturelekommunikasie is.Bybelvertalers het 'n behoefte aan analitiese instrumente wat al die fasette van die semantieseinhoud van Bybels-Hebreeuse lekseme verdiskonteer. Die doel van hierdie studie is om 'nsemantiese model te ontwerp wat vir die doel gebruik kan word. Die vertrekpunt van die studie isdie teorie van komponensiële analise. Die geskiedenis en ontwikkeling van die model wordkrities bespreek. Die moontlikhede wat hierdie teorie bied vir 'n meer omvattende model wordondersoek. Besondere aandag word gegee aan die nut wat hierdie benadering het as heuristieseinstrument vir die semantiese analises. Die komponensiële analise van betekenis word op hierdiemanier geïdentifiseer as 'n benadering wat nie te gou afgeskiet moet word as synde te engstrukturalisties nie. Inteendeel, dit kan ook as 'n buigsame instrument ontwikkel word wat nie netbetekenisrelasies in terme van dichotomieë kan beskryf nie. Dit kan ook gebruik word om 'n wyeverskeidenheid semantiese verhoudings te analiseer wat insigte van die kognitiewe taalkundeinsluit. Daar is verder bevind dat die konsep semantiese universalium wat 'n belangrikekomponent is van sommige benaderings tot leksikale semantiek weinig waarde het vir 'nsemantiese analise wat 'n bydrae wil maak tot vertaling as interkulturele kommunikasie. Dieuniversele kategorieë is meestal so generies dat hulle weinig bydrae tot die beskrywing van diefyner nuanses van lekseme wat tot dieselfde semantiese veld behoort. Daar moet eerder gepoogword om in soverre dit moontlik is 'n instument te ontwikkel wat taal en kultuur spesifiek is. Diekategorieë en kriteria vir die semantiese analise moet verder aan die hand van die brontaal en -kultuur self ontwikkel word. Die navorser moet baie versigtig wees dat sy ofhaar eie teoretiesevoorveronderstellings nie op die ondersoek-instrument afgedruk word nie.In die ondersoek is gevind dat die kulturele dimensie van die leksikale items nie genoegsaamverreken kan word, sonder om die wêreldbeeld te analiseer wat ten grondslag lê van die tekstewaarin die leksikale items voorkom nie. Vir die doel is 'n analitiese modelontwikkel. Hierdiebuigsame model gebruik 'n stel veranderlikes om die tipiese wêreldbeeld te identifiseer wat tengrondslag lê van 'n bepaalde korpus van tekste. Nadat die onderliggende wêreldbeeld van dieboek van Jesaja beskryf is, word die leksikale items in hierdie boek, wat behoort tot diesemantiese veld negatiewe morele gedrag geanaliseer. Op grond van die resultate word 'n aantalaanbevelings gemaak oor die wyse waarop hierdie items in 'n Hebreeuse leksikon beskryf kanword.
[发布日期]  [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:9      统一登录查看全文      激活码登录查看全文