已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
The value of collaboration in an integrated community development programme as experienced by stakeholders
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: AgtergrondSamewerking tussen belanghebbendes is ʼn baie waardevolle instrument om dieholistiese ontwikkeling van gemeenskappe te bevorder. Gevolglik het die navorserdeur hierdie projek gepoog om die waarde van samewerking in 'n gemeenskap tebepaal.Doelstelling en DoelwitteDie doel van die studie was om die waarde van samewerking in ʼn geïntegreerdegemeenskapsontwikkelingsprogram te ondersoek, soos dit onder diebelanghebbendes in die gemeenskap van Kuilsrivier ervaar is.Die volgende doelwitte is gestel om te bepaal of:• samewerking ʼn oplossing is vir gemeenskapsontwikkeling• ʼn integrasie van al die belanghebbendes in die gemeenskap ʼn verskil maak inontwikkelende gemeenskappe.NavorsingsontwerpVir die doel van hierdie studie was ʼn fenomenologiese navorsingsontwerp toegepasmet 'n kwalitatiewe benadering.Populasie en steekproefnemingDie populasie het bestaan uit ʼn verskeidenheid van belanghebbendes wat betrokkewas in die program. Deur doelgerigte steekproefneming is 10 deelnemers gekies watbestaan het uit 'n fokusgroep met vyf deelnemers en onderhoude met vyfafsonderlike individue.Onderhoudsriglyne en data insamelingOnderhoude is gevoer met een fokusgroep en vyf individue afsonderlik. Elkeonderhoud was gelei deur semi-gestruktureerde onderhoudsriglyne wat gebaseerwas op die doelwitte. Data is deur die navorser persoonlik ingesamel. ʼnVoorondersoek is nie gedoen nie. GeldigheidOm die geldigheid van hierdie studie te verseker, is die beginsels vangeloofwaardigheid, gelykvormigheid, betroubaarheid en oordraagbaarheid toegepas.Etiese oorwegingToestemming vir die uitvoering van die studie was verkry van die Etiese Komitee vandie Fakulteit Gesondheidswetenskappe by Stellenbosch Universiteit. Ingeligte,geskrewe toestemming was verkry. Die onderhoude is op band opgeneem mettoestemming van die deelnemers. Deelname aan die studie was vrywillig en dieetiese beginsels met betrekking tot privaatheid, anonimiteit en vertroulikheid isverseker deur die hele studie.Data analiseData was geanaliseer volgens Tesch (1990:154-156). Opgeneemde onderhoude isgetranskribeer. Getranskribeerde data was gegroepeer in temas en sub-temas engekodeer deur die hele proses.BevindingeGedurende die onderhoude, en spesifiek in die fokusgroep, het deelnemers diewaarde so beskryf van aandeelhouers in gemeenskapsontwikkeling: 'Samewerkingis baie belangrik. Integrasie van alle partye dra definitief by tot die ontwikkeling vandie gemeenskappe. Daar is bevind dat bemagtiging die gemeenskappe in staat stelom hulle individuele take meer effektief uit te voer, n.a.v. die volgende: Ons skakelin en deur dit bemagtig ons ons gemeenskappe in Kuilsrivier en nou ook andergemeenskappe.Die projek het nuwe bewyse geïdentifiseer van ʼn wyer spektrum van die waarde vansamewerking en het die waarde van persoonlike, geestelike en emosioneleondersteuning geïdentifiseer wat ervaar is deur die aandeelhouers. Verder het diestudie baie belangrike persoonlike ontwikkeling en bemagtiging, soos ervaar deurdie aandeelhouers gewys dat daar ʼn baie belangrike persoonlike ontwikkeling enbemagtiging ervaar is deur die aandeelhouers en dat integrasie van al diegemeenskapsaandeelhouers wel ʼn verskil maak in ontwikkelende gemeenskappe. AanbevelingsAanbevelings wat gebaseer is op die wetenskaplike bewyse wat deur die studiebekom is, was gemaak en sluit die volgende in:ʼn Groter poging moet aangewend word om die beste moontlike mense betrokke tekry by ʼn geïntegreerde gemeenskapsonwikkelingsprogramVertroue en respek tussen die aandeelhouers onderling en tussen dieaandeelhouers en die gemeenskap is noodsaaklikʼn Mentorprogram vir vrywilligersPersoonlike ontwikkelingsprogramme vir die vrywilligersTer opsomming kan gesê word dat die LINK geïntegreerde program gewys het datom verandering teweeg te bring in Suid-Afrika, sal daar ʼn toename in geïntegreerdegemeenskapsontwikkelingsprogramme te weeg gebring moet word met ʼnsamewerkingsvennootskap van verskeie aandeelhouers.
[发布日期]  [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:22      统一登录查看全文      激活码登录查看全文