已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Insluit of opsluit? Opvoedkundige ondersteuning in Wes-Kaapse jeugsorgsentrums
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie is gedoen om die opvoedkundige ondersteuning wat leerders in spesialejeugsorgsentrums in die Wes-Kaap ontvang te ondersoek, deur gebruik te maak van 'nkwalitatiewenavorsingsontwerp en binne 'n interpretatiewe paradigma te werk. Hierdiestudie het ook die belewenisse van manlike jeugoortreders ten opsigte van hulopvoedkundige ervaring binne die rehabilitasiekonteks ondersoek. Die populasie vir diestudie was oortreders in 'n spesiale jeugsorgsentrum – 'n onderwysinrigting waartoejeugdiges deur die hof gevonnis word indien hulle herhaaldelik by misdaad betrokke is.Die navorsing het uitgelig dat die jeugoortreders in die studiepopulasie 'n langgeskiedenis van aanhouding het; dat hulle voorheen in 'n inrigting van die Departementvan Maatskaplike Ontwikkeling, 'n gevangenis van die Departement KorrektieweDienste en 'n spesiale jeugsentrum van die Departement van Onderwys aangehou is. Diebetekenisvolheid hiervan is dat dit toon hoe gefragmenteer dienste aan jeugdigeoortreders gelewer word. Daar was baie onderbrekings in die deelnemers seopvoedkundige pad, asook verwydering van die gesins- en gemeenskapslewe.Verder wil dit voorkom of geen departement aanspreeklikheid aanvaar het vir dierehabilitasie van die jeugdiges nie, aangesien hulle heen en weer tussen die inrigtings vandie verskillende departemente geskuif is. Daar moet beter samewerking en skakelingwees tussen alle departemente wat betrokke is by jeugoortreders en die implimenteringvan programme moet effektief gemonitor en gereeld geëvalueer word. Programme moetgereeld hersien en konstant aangepas word om sodoende die lewensvatbaarheid van dieprogramme en inrigtings te bepaal. Jeugdiges in jeugsentrums is nie 'n homogene groepnie en kom uit verskillende agtergronde met diverse opvoedingsbehoeftes waarinvoorsien moet word.Die jeugdiges het ook hul opvoedkundige behoeftes verwoord en dit hetberoepsvaardighede, sosiale en morele ontwikkeling ingesluit. Verder is die redesondersoek waarom die jeugdiges aanhoudend betrokke bly by misdaad. Hulle hetaangevoer dat dit as gevolg van portuurdruk, dwelms en armoede is. Die jeugdiges hetook voorstelle van alternatiewe programme en ondersteuning gemaak. Volgens hullemoet dit insluiting in die gemeenskap, positiewe vryetydsbesteding, erkenning deur anderen weerbaarheid behels.
[发布日期]  [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:6      统一登录查看全文      激活码登录查看全文