'n Ondersoek na die faktore wat blanke en kleurling geregistreerde verpleegkundiges in die Republiek van Suid-Afrika beinvloed om uit die verpleegberoep te tree
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: In die Republiek van Suid-Afrika sowel as in die meeste ontwikkelde landebestaan daar in mindere of meerdere mate n tekort aan geregistreerdeverpleegkundiges. Feitlik elke persoon huldig sy eie mening waaromhierdie tekort bestaan en gevolglik bied elkeen dan ook volgens sy eieoortuigings, oplossings vir die probleem aan. Daar bestaan egter geenkitsoplossings om die getalle geregistreerde verpleegkundiges aan te vulnie. Daar is slegs twee bronne waaruit hierdie getalle aangevul kanword en dit is eerstens om meer jong rekrute vir die beroep te werf enhulle te behou en tweedens deur die nie-praktiserende verpleegkundigeste oorreed om weer tot die verplegingsberoep toe te tree. Daar bestaanbewyse dat die aantal reserweverpleegsters inn gemeenskap sodanig is,dat volgehoue pogings om hulle weer terug te kry in die verpleegberoep,geregverdig is.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]