Service delivery in South African rural municipalities
[摘要] AFRIKAANS OPSOMMING: Nieteenstaande menige suksesse onder die nuwe demokratiese bestel, ervaar Suid-Afrika steeds uitdagings van armoede, werkloosheid en ongelykheid. Hierdie uitdagings kom oorwegend in plattelandse gemeenskappe voor, selfs nadat die regering deur middel van verskeie ontwikkelingsprogramme soos die Herkonstruksie- en Ontwikkelingsplan (HOP), GEAR, ASGISA en die Nasional Ontwikkelingsplan (NOP), probeer het om dit aan te spreek. Menige navorsing oor die status van dienslewering in die land is alreeds gedoen, maar die eienskappe van plattelandse gemeenskappe wat bygedra het tot die mislukking in dienslewering soos wat dit onder die huidige demokratiese bestel voorkom, is nog nie nagevors nie.Die doelwit van die verhandeling is om die status van dienslewering op munisipale- en raadsvlak vir plattelandse gemeenskappe, soos onder die huidige administrasie van kategorie 4B-munisipaliteite in Suid Afrika, op te som. Deur gebruik te maak van „n basiesediens-indeks, onthul die verhandeling ook hoe die eienskappe van plattelandse huishoudings tot dienslewering kan bydra. Ruimtelike analise bevestig dat nabyheid aan dieselfde belangepunte wel voordele vir plattelandse gemeenskappe inhou ten opsigte van toegang tot basiese dienste, aangesien die moontlikheid vir werk toeneem, en die uitmigrasie van mans afneem. Die gevolgtrekking is dat mans as huishoudingshoof beter toegang tot basiese dienste het in vergelyking met vrouens as huishoudingshoof.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]