Waar eeue wegtik met elke oogknip : fin de siecle-intertekste in die poesie van Johann de Lange
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie stel hom ten doel om die 19de-eeuse kulturele fin de siecle-intertekstein Johann de Lange se poësie, wat grotendeels postmodernistiesvan aard is, na te gaan ten einde die hipotese te toets dat sy werk sterkooreenkomste met die kunsuitinge van die vorige eeuwending openbaar.Hieruit blyk duidelik 'n korrespondensie of ekwivalensie tussen die tydsgees endiskoers van die huidige fin de millennium en die van die 19de-eeuse fin desiecle. Die titel van die tesis is ontleen aan die gedig Greenwichtyd uit Snelgrys fantoom (1986:29):Dit als terwyl ek stil slaap anderkantdie horison, klein doen in 'n wêreldwaar eeue wegtik met elke oogknip,'n dag gebeur tussen een asemteugen die volgende [...]Omdat al sewe bundels van die digter ondersoek is, kon slegs drie gedigte indiepte geanaliseer word, naamlik Correspondences uit Wordende naak(1990:22), Studie van 'n portret van 'n man uit Snel grys fantoom(1986:56) en Vlees van die berg uit Vleiswond (1993:51-52). Die gedigCorrespondences, wat seminaal is vir die hipotese wat in hierdie studiegestel word, kom in 'n eie hoofstuk aan bod; Studie van 'n portret van 'nman is aanvullend tot die hipotese dat De Lange hom met die kunstenaars vandie fin de siecle vereenselwig; terwyl Vlees van die berg op vele wyses DeLange se digterlike preokkupasies weerspieël.Enkele aspekte van die kunsstrominge van die Dekadentisme, Estetisisme enSimbolisme, wat in die eeuwending voorkom en ook in De Lange se verseneerslag vind, word in afsonderlike hoofstukke bespreek. Die digter se sosiopolitiekebetrokkenheid wat deur die meeste kritici in die verlede misken is,word bevestig. As gevolg daarvan dat mistisisme en metapoësie by De Langedikwels in 'n enkele gedig saamsmelt, word hierdie aspekte ten slotte in 'nafsonderlike hoofstuk onder die loep geneem.Daar word deurgaans gebruik gemaak van verwysings na geselekteerde gedigteuit De Lange se oeuvre, telkens gesitueer binne die konteks van diepostmoderniteit. Ten einde die dinamika van intertekstuele en interdiskursieweprosesse te demonstreer, word intertekstuele ekskursies of intertekstuelecruising dikwels onderneem.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]