已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die bruikbaarheid van die senior Suid-Afrikaanse individuele skaal vir die evaluering van blanke Afrikaanssprekende, hardhorende kinders
[摘要] INLEIDING: Gehoorgestremdheid impliseer 'n drieledige verlies - nie net dieverlies van gehoor nie, maar as gevolg daarvan ook die van spraaken taal. Gehoorgestremdheid het 'n ernstige uitwerking op dieintellektuele vermoe en emosionele lewe van die mens (Badenhorst,1985).Navorsers in die sielkunde van gehoorgestremdheid kry te doen metstruikelblokke. Die universum waaruit steekproewe saamgestelmoet word, is beperk en die vakliteratuur is nie voldoende nie.Die beskikbare toetsmateriaal is beperk en al uitweg is om gebruikte maak van gestandaardiseerde toetse vir die normaalhorendes.Resultate wat op die wyse verkry word, voldoen nie aan diestandaarde wat gestel word ten opsigte van betroubaarheid en geldigheidnie. Taal en kommunikasie is 'n belangrike voorvereistevir die meeste vorms van sielkundige navorsing.Navorsing ten opsigte van die gehoorgestremde in die Republiekvan Suid-Afrika word gekompliseer deur die bevolkingsamestellingen die taal wat gebesig word. Die blanke bevolking is hoofsaaklikAfrikaans- en Engelssprekend, terwyl die verskillende etniesegroepe elkeen In taal van sy eie het.Die gehoorgestremdes vorm 'n bron van mensemateriaal wat nuttiggebruik kan word indien elke gehoorgestremde se volle potensiaalontwikkel word.Kennis van die gehoorgestremde se moontlikhede en beperkinge is'n noodsaaklike vereiste vir suksesvolle rehabilitasie van so 'npersoon.
[发布日期]  [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:12      统一登录查看全文      激活码登录查看全文