已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
'n Kritiese evaluasie van die toedeling van insetbelasting in Artikel 17(1) van die Wet op Belasting op Toegevoegde Waarde no. 89 van 1991
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Insetbelasting soos omskryf in artikel 1 van die Wet op Belasting opToegevoegde Waarde No. 89 van 1991 ('die Wet) kan teruggeëis word waardie goedere of dienste, ten opsigte waarvan die insetbelasting geëis word, virdie maak van belasbare lewerings verkry is.Waar goedere of dienste verkry word, gedeeltelik vir die maak van belasbarelewerings en gedeeltelik vir die maak van vrygestelde lewerings, moet ʼntoedeling van die insetbelasting ooreenkomstig die bepalings van Artikel 17(1)van die Wet gemaak word.Artikel 17(1) bepaal dat die omset-gebaseerde toedelingsmetode gebruikmoet word vir die toedeling van toedeelbare insetbelasting. Hierdie metodewat voorgeskryf word gee aanleiding tot die volgende twee probleemstellings,naamlik :· Onduidelikheid in die Wet rakende die hantering van verskillende tipeslewerings binne die toedelingsformule, en· Onduidelikheid oor welke bedrae of gevalle by die toedelingsformule inofuitgesluit moet word.Artikel 17(1) bepaal ook dat, indien die omset-gebaseerde toedelings-metodenie toepaslik vir ʼn ondernemer is nie, ʼn alternatiewe metode gebruik kan wordmits die alternatiewe metode ʼn redelike en regverdige alternatief daarstel.Hierdie uitsondering gee aanleiding tot ʼn derde probleemstelling, naamlik:· Wat kan as ʼn redelike en regverdige alternatief beskou word?Laastens maak Artikel 17(1) voorsiening vir ʼn voorbehoudsbepaling watbekend staan as die de minimis-reël. Hiervolgens hoef ʼn ondernemer nie tevoldoen aan Artikel 17(1) indien die ondernemer se totale belasbare leweringsminstens 95% van sy totale lewerings beloop nie. Die voorbehoudsbepalingmaak egter nie voorsiening vir die hantering van abnormale omstandighedewat die implementering van die voorbehoudbepaling kan beïnvloed nie. Ditgee aanleiding tot die vierde probleemstelling, naamlik :· Watter maatreëls bestaan daar om te verseker dat die de minimis-reëlnie deur abnormale omstandighede beïnvloed word nie?In hierdie studie word Artikel 17(1) krities ontleed ten einde te poog omoplossings vir bostaande probleemstellings te vind. Relevante wetgewing enpublikasies van lande soos die Verenigde Koninkryk, Kanada, Australië enIerland is ook bestudeer en na aanleiding hiervan kan die volgende afleidingsgemaak word, naamlik:· dat ʼn lewering uit meer as een tipe lewering kan bestaan, hetsybelasbaar of vrygestel. Sodanige lewerings kan geklassifiseer word astoevallige-, saamgestelde- of gemengde lewerings wat, afhangend vandie tipe lewering, die insetbelasting wat teruggeëis mag word,verskillend kan beïnvloed. Uitsluitsel oor die klassifikasies vanlewerings moet verkry word alvorens dit in die toedelingsformuleingesluit word;· dat die in- of uitsluiting van spesifieke bedrae en gevalle in dietoedelingsformule eerstens aan die hand van die ekonomieseaktiwiteitstoets gemeet moet word. Die resultate van ʼn ekonomieseaktiwiteitstoets sal aandui watter invloed ʼn spesifieke bedrag of gevalop die toedelingsformule kan hê. Die spesifieke eienskappe van elkebedrag of geval moet daarna ontleed word om te bepaal of sodanigebedrag of geval by die toedelingsformule in- of uitgesluit moet word omdie manipulasie van die toedelingsformule te voorkom;· dat riglyne bepaal moet word of die toepassing van ʼn alternatiewetoedelingsmetode redelik en regverdig is ten einde enige onsekerhedeuit die weg te ruim. Dit behoort op 'n soortgelyke wyse geïmplementeerte word as die bestaande riglyne in die wetgewing van lande soosKanada, Ierland en die Verenigde Koninkryk;· dat die de minimis-reël uitgebrei moet word deur nie net na ʼn vastepersentasie te verwys nie, maar ook die gebruik van historiese syfers,randwaardes en maandelikse ontledings in te sluit, soos wat dit tansdie gebruik in Kanada en die Verenigde Koninkryk is.Daar bestaan dus reeds in ander lande wetgewing wat die probleemareas,soos in die Suid-Afrikaanse wetgewing geïdentifiseer, aanspreek. Dit is dusnodig om aan die hand hiervan die Suid-Afrikaanse wetgewing uit te brei teneinde enige onduidelikhede en areas vir moontlike manipulasie uit te skakel
[发布日期]  [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:4      统一登录查看全文      激活码登录查看全文