已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Afrikanervroue se politieke betrokkenheid in historiese perspektief met spesiale verwysing na die Women's National Coalition van 1991 tot 1994
[摘要] Toe die onderhandeling vir 'n nuwe demokratiese bestel in Suid-Afrika na 1990 begin is, het dit'n tydperk ingelei waar talle kwessies oor menseregte na vore gekom het. Ook vroue het diegeleentheid aangegryp om vrouesake en gender-verhoudings op die nasionale agenda te plaas in'n poging om die onregverdighede van die verlede aan te spreek. Die Women's NationalCoalition (WNC) is in 1992 amptelik gestig uit vrees dat vroue van die belangrike politiekeprosesse wat die toekoms van Suid-Afrika sou bepaal, uitgesluit sou word. Die doelwitte van dieWNC was om inligting oor vroue se behoeftes en aspirasies in te samel en dit in 'n Vrouehandvessaam te vat wat uiteindelik 'n integrale deel van die nuwe grondwet van Suid-Afrika sou word.Die WNC was 'n inisiatief van die African National Congress Women's League (ANCWL). Dieswart vrou in Suid-Afrika se onderdrukking was drieledig: sy was onderdruk as vrou, deurpatriargie en deur apartheid. Sy het polities aktief geraak toe haar familiestrukture bedreig is enhet teen paswette, swak behuising, en uitsetttingsaksies van die regering, geprotesteer. Tydens die1980's het swart vroue wat aan die noodtoestand blootgestel is, se politieke betrokkenheidverander en sy het 'n rewolusionêre vryheidsvegter geword. In die buiteland het die swart vrouwat in die bevrydingstryd betrokke was geleidelik erkenning in die ANC gekry. Hierdie vrouewas ná 1990 gedetermineerd dat hul verwagtinge vir totale gelykberegtiging in die demokratieseSuid-Afrika sal realiseer.In hierdie proefskrif val die soeklig veral op die Afrikanervrou en -vroueorganisasies wat by dieWNC aangesluit het. As Afrikanernasionalis was haar politieke betrokkenheid in die verloop vandie geskiedenis marginaal. Met geïsoleerde aktivistiese optrede soos die vroue-optogte van 1915en 1940, asook die militantheid van die vakbondvroue, het Afrikanervroue hoofsaaklik die veiligeruimte van die liefdadigheidsterrein gebruik om hul politieke voorkeure uit te leef.Afrikanervroue se betrokkenheid in die stemregbeweging was op aandrang van die mans en byinsinuasie ook die optogte van 1915 en 1940. Met die magsoorname van die Nasionale Party hetdie Afrikanervrou polities onbetrokke geraak. Haar funksie was hoofsaaklik die van moeder envrou en ondersteunend van die heersende ideologie. Met die aftakeling van apartheid is talletradisionele Afrikanersimbole bevraagteken. Meer as 40% van die Afrikaner het by die meerregse partye aangesluit. Hierdie gebeure het die Afrikanervrou aan die begin van die 1990'ssonder 'n spesifieke identiteit gelaat.Met die onderhandelings vir die toekomstige demokratiese bestel 'n werklikheid, was dieAfrikanervrou in 'n onbenydenswaardige identiteitskrisis gedompel. Sy wou apolities bly, maar isdeur Afrikanerintelligentsia en politici aangesê om die politieke wêreld te betree. Aan dieanderkant wou Afrikanerkultuurorganisasies die Afrikanerkultuur inklusief beveilig.Die Afrikanervroue het moeilik by die WNC aangepas. Daar was talle praktiese probleme, maardit was veral haar gebrek aan politieke vernuf, en die vyandigheid van swart vroue wat dievergaderings van die WNC domineer het, wat haar betrokkenheid in die wiele gery het. Diegedagte het ook by feitlik al die Afrikanervroue ontstaan dat die WNC 'n politieke rookskerm wasvir die ANC om sy magsbasis te versterk. Die spanninge van die Veelparty-onderhandelinge hetook na die WNC oorgespoel en vertragings en opskorting van lidmaatskap tot gevolg gehad.Daar was Afrikanervroue wat hul belewenis van die WNC as volkome positief ervaar het, wat ditas geleentheid gesien het om by vrouebemagtiging en politieke onderhandelinge betrokke te raak.Die meerderheid van vroue wat by hierdie ondersoek betrek is, was egter onseker en het dienegatiewe aspekte van hul belewenis hulle die ondervinding laat bevraagteken. Daar was selfsvroue wat slegs die vyandigheid onthou het. Uiteindelik het Afrikanervrou nie heeltmal aangepasby die WNC nie en was ook nie werklik betrokke nie.
[发布日期]  [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:5      统一登录查看全文      激活码登录查看全文