已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Laat adolessente se identiteitsontwikkelingstatus na 'n gapingsjaar
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Duisende jong Suid-Afrikaners vertrek jaarliks op 'n gapingsjaar (gap year) oorsee. 'nPopulêre siening in die media asook die wyer publiek is dat hierdie gapingsjaar dieideale tydperk is vir jongmense waar hulle hulleself kan 'vind. 'n Gapingsjaar word tipiesonderneem in laat adolessensie (tussen 18 en 25 jaar). Die idee dat laat adolessentehulleself moet 'vind sluit aan by die ontwikkelingsteoretici se psigososiale konsep vanidentiteitsformasie. Die mees belangrike ontwikkelingstaak tydens laat adolessensie isdie vestiging van 'n koherente identiteit en is 'n redelike mate van identiteitsverwerwingna afloop van adolessensie kritiek. 'n Belemmerde identiteitsverwerwing kan hulpersoonlike selfstandigheid en outonomie wesenlik inperk. Die vraag het ontstaan of laatadolessente hulleself wérklik 'vind in 'n gapingsjaar soos die media-ideologie dituitbeeld? Tot op hede (nasionaal en internasionaal) kon geen navorsing gevind wordwat verband hou met ʼn gapingsjaar en identiteitsontwikkeling nie. Die doelstelling vanhierdie studie was om die identiteitsontwikkelingstatus van Suid-Afrikaanse laatadolessente na 'n gapingsjaar te bepaal. Die basiese veronderstelling en populêresiening dat laat adolessente na afloop van 'n gapingsjaar 'n verworwe status vanidentiteitsontwikkeling het, is ondersoek. Om die identiteitstatus te assesseer is 288Suid-Afrikaanse gapingsjaar laat adolessente genader en 'n kwantitatiewe opnamemetode is gebruik. Die gekose instrument vir die identiteitstatus ondersoek is dieExtended Version of Ego Identity Status (EOM-EIS-II). 'n Demografiese vraelys isgeadministreer om beskrywende data verkry en te kyk watter demografiese eienskappestatisties korreleer met die onderskeie identiteitsontwikkelingstatusse van respondente.Die gestruktureerde vraelys is via ʼn webtuiste, met pen en papier of telefonies voltooi. Instryd met die populêre siening en media-ideologie is die bevinding dat die minderheidrespondente (slegs 14.5%) geklassifiseer kon word in die verworwe identiteitstatus na 'ngapingsjaar. Die meerderheid val binne die moratorium- en diffusestatus wat betekendat hulle nie 'n binding gemaak het tot 'n identiteit na hul gapingsjaar nie. Gapingsjaaradolessente se ouderdom, tyd terug na hul gapingsjaar, die behoort aan 'n religieusegroep (tydens hul gapingsjaar) of hul verhoudingstatus (tydens hul gapingsjaar) is eerdergeassosieer met 'n verworwe identiteitstatus. Vroegtydige en pro-aktiewe terapeutieseen opvoedkundige ondersteuning tydens hierdie ontvanklike periode, kan bydra tot 'ngroter positiewe identiteitsontwikkeling van jongmense. Hierdie studie kan bydra tot diekennisbasis vir Suid-Afrikaanse navorsing.
[发布日期]  [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:5      统一登录查看全文      激活码登录查看全文