Heling van die familie : 'n kritiese ondersoek na pastorale dimensies van die liturgie
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Die een en twintigste eeu word onder andere gekenmerk deur 'n snelveranderende samelewing, wat implikasies inhou op makro gebied (filosofies, tegnologies en teologies) sowel as mikro gebied (daar word veral gefokus op die impak van eersgenoemde veranderinge op die gesin / familie struktuur).Verandering gaan gepaard met spanning en onsekerheid en stel ons voor die uitdaging om óf te groei óf te stagneer. Verandering en die impak daarvan het ook 'n effek op ons verstaan van die ekklesiologie. Die kerk (spesifiek die NG Kerk waarvan die navorser deel is) bevind haar tans voor groot uitdagings. Aspekte soos Skrifgesag, Kerkeenheid, morele verval, misdaad, geweld,regstellende aksie, marginalisering van tradisioneel NG Kerk lidmate, emigrasie,onsekerheid oor teologies-etiese kwessies ensovoorts bring onsekerheid en gevoelens van magteloosheid by baie lidmate. Verskeie strukture in die kerk probeer om die effek van hierdie veranderinge aan te spreek. Die navorser isegter van mening dat die invloed van verandering op die psige van die gelowige ook sinvol binne die ruimte van die erediens geakkommodeer kan word. Om dit te kan doen word die kreatiewe spanning in die verhouding tussen erediens enpastoraat ondersoek. Die navorser is van mening dat beide hierdie velde en hulle snypunte in die erediens oor die potensiaal beskik om die onseker gelowige in 'n dinamiese ontmoeting met God te begelei. Om hierin te slaag bepleit dienavorser onder andere 'n herwaardering vir die verhouding tussen erediens en pastoraat, aangesien hierdie verhouding om verskeie redes oor die jare verwater het. Daar word ook klem gelê op spesifieke pastorale elemente in dieGereformeerde liturgie en die helende effek wat dit het op die psige van die mens. 'n Duidelike omskrywing van wat teologies met laasgenoemde bedoel word, is veral noodsaaklik aangesien die gevaar bestaan dat die pastorale sorgbloot net kan vervlak, verflou en verval in die nabootsing van die nuutste psigoterapeutiese teorieë. Die studie wil graag ook aantoon dat die ruimte van die erediens oor 'n korporatief-helende dimensie beskik waar die pastor / liturg in samewerking met die gemeenskap van gelowiges (famila Dei) as 'medeterapeute kan funksioneer en heling van die familie bewerk.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]