已收录 272612 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
From the sound of music to the sound of silence : stilte as helende moment in die erediens
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie studie is aangetoon hoedat daar verskeie vorme van stilte bestaan. Die navorsing geskied in die vorm van 'n musikale beweging: ten eerste die klank van die konteks van die wit Afrikaner man in Suid Afrika, tot die klanke en waarde van musiek, tot die klank van stilte. Enige musiek wat uitgevoer word, word vanuit stilte gebore. Metafories gesproke, begin hierdie studie ook vanuit stilte. Hierdie spesifieke soort stilte wat deur historiese en huidige sosiale kontekste bygedra het tot die gender konstruksie en maskuliniteitstipe van die 'Stil en Sterk-tipe' wit Afrikaner man in Suid Afrika. Hierdie 'Stil en Sterk-tipe' wit Afrikaner man vind dit dikwels moeilik om hulself verbaal uit te druk, maar is steeds deel van die Nederduits Gereformeerde Kerk waarin hulle aanbid.Soos daar in enige goeie musikale komposisies verskeie bewegings is, gebeur dit ook in hierdie studie. Die beweging het ten doel om juis ook verskillende soorte stiltes, wat 'n impak op die leefwêreld van sommige lidmate in die Nederduits Gereformeerde Kerk mag hê, in die lig te stel. Die vraag dan, hoe word daar ruimtes gebied vir individue soos die 'Stil en Sterk tipe' om hulle self te verklank ook in die erediens? Vanuit hierdie ondersoek word dit duidelik dat nie slegs musiek nie, maar ook stilte binne musiek en stilte opsig self van waarde kan wees. 'n Fokus op die fenomeen van stilte en die waarde wat dit kan inhou vir lidmate van die Nederduits Gereformeerde Kerk, word ondersoek. So is die geloofsgemeenskap 'n ruimte waarin die 'Stil en Sterk tipe' ook saam met ander gelowiges hulself deur die estetiese en stilte kan verklank en ook deur God binne sulke ruimtes, getransformeer kan word. Die titel van die studie, 'From the Sound of Music to the Sound of Silence wil poog om na stilte as moontlike helende moment in die erediens te wys. Daarom, in die finale beweging van hierdie navorsing, word daar na die herwaardering van stilte in die liturgie gekyk.
[发布日期]  [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:3      统一登录查看全文      激活码登录查看全文