Ouerbetrokkenheid in hulle kinders se opvoeding
[摘要] AFRIKAANSE OPSOMMING: Ouers se betrokkenheid by hulle kinders se opvoeding binne 'n vennootskap tussen die huis en die skool het in Suid-Afrikaanse onderwys sedert 1996 toenemend belangrik geword. Ouers is hulle kinders se primêre opvoeders en lê dus die basis vir hul kinders se formele opvoeding. Dit is dus belangrik dat die huis en die skool moet saamwerk as vennote aan die opvoedkundige ontwikkeling van die kind.Die Suid-Afrikaanse Skolewet, Wet 84 van 1996, bevestig die belangrikheid van 'n vennootskap tussen die huis en die skool, sowel as die noodsaaklikheid dat ouers 'n bydrae moet lewer tot hulle kinders se opvoeding.Ten spyte van die waarde wat ouerbetrokkenheid bied, blyk dit asof daar tans steeds min of geen sprake van ouerbetrokkenheid by sommige ouers is nie, veral diegene wie se kinders voorheen-benadeelde primêre plattelandse staatskole bywoon.Hierdie studie het die navorsing van die mate van ouerbetrokkenheid van veral ongeskoolde, semi-geskoolde en arm, werklose ouers in die opvoeding van hul kinders ten doel.
[发布日期] [发布机构] Stellenbosch University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]